万博体育官网

图片
Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kanselier

Justice Edwin Cameron_sm.jpg

Regter Edwin Cameron, akademikus, regsgeleerde, outeur en pas afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, is op 25 September 2019 tot Kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies. ?

Regter Cameron, ’n US-alumnus en ontvanger van ’n ered?oktorsgraad van die instelling in 2015, is die vyftiende Kanselier van die US.

Die US het in 2015 ’n eredoktorsgraad aan regter Cameron toegeken vir sy “volgehoue professionele en persoonlike voorspraak vir die erkenning van elkeen se menswaardigheid, vryheid en gelykheid – fundamentele waardes wat hy in ons én ander se regsbestel help veranker het”. Hy het die Suid-Afrikaanse reg so help ontwikkel dat dit waarlik die fundamentele waardes van die Grondwet weerspie?l. Boonop maak sy rol om seksuele ori?ntasie as verbode grond van diskriminasie in die Handves van Regte te laat opneem, en sy voorspraak vir persone met MIV/vigs, hom ’n kernspeler in die Suid-Afrikaanse én wêreldreg.

Regter Cameron het aan die universiteite van Stellenbosch, Oxford en Suid-Afrika studeer. Hy het sy loopbaan by onder meer die Universiteit van die Witwatersrand se Sentrum vir Toegepaste Regstudie begin voordat hy in 1994 as senior advokaat (SC) en later daardie selfde jaar deur president Nelson Mandela as waarnemende regter in die hooggeregshof aangewys is. Hy is in 1995 as ’n regter in die hooggeregshof aangestel, in 2001 as regter in die Hoogste Hof van Appèl, en in 2009 as regter in die Konstitusionele Hof. 

As die eerste Suid-Afrikaner in ’n ho?profiel- openbare amp wat openlik oor sy MIV-status en ervaring van antiretrovirale middels (ARV’s) gepraat het, is regter Cameron se bydrae tot meer toeganklike ARV-behandeling vir alle MIV-positiewe Suid-Afrikaners geloofwaardig en gedug.

Sy internasionale impak as toonaangewende regsgeleerde met byna 200 uitsprake agter sy naam, bekroonde outeur en gewilde spreker blyk uit die etlike eerbewyse wat hy al ontvang het. Dít strek van erkenning deur die balie van Engeland en Wallis vir sy bydrae tot internasionale regspleging en menseregtebeskerming, tot die prestigeryke toekenning Grand Prix du Conseil Québécois des Gais et Lesbiennes in Montreal. 

Regter Cameron is die ontvanger van verskeie eredoktorsgrade en ’n beskermheer vir kinderhuise, klinieke en verenigings.

Kontak:
Celeste Mockey
Registrateursafdeling
Tel:  +27 21 808 4910