万博体育官网

图片
Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vertroulikheid

?1.      INLEIDING

Die funksionering van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) word gerig deur die beginsels van etiese praktykvoering van die volgende beroepsliggame:

  • Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB)
  • Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplikediensberoepe (SARMDB)

Die volgende nasionale wetgewing is ook van toepassing:

Respek vir kli?nte[1] se reg op vertroulikheid is die grondslag waarop etiese optrede by die SSVO berus. Personeellede wat nie by 'n beroepsliggaam geregistreer is nie[2] verbind hulle tot vertroulikheid deur 'n amptelike ooreenkoms in hierdie verband te onderteken.

Kli?nte en hulle inligting word altyd met respek en vertroulikheid hanteer. Dít beteken dat niemand – met inbegrip van ouers, familielede, dosente en ander derde partye – in kennis gestel sal word dat 'n kli?nt die dienste van die SSVO gebruik het óf toegang sal kan verkry tot die inligting wat die kli?nt met 'n SSVO-praktisyn bespreek het nie. Die enigste uitsonderings op hierdie re?l is wanneer 'n kli?nt selfdood-, moorddadige of psigotiese neigings toon, of 'n gevaar vir ander inhou. In so 'n geval laat die RGB 'n afwyking van etiekre?ls toe.

Vertroulikheid is 'n belangrike etiekbeginsel wat sowel die kli?nt as praktisyn altyd in enige terapeutiese/voorligtingsverhouding behoort te respekteer. Indien nie, kan kli?nte blootgestel voel wanneer hulle die SSVO se dienste gebruik. Hoewel vertroulikheid ook in groepsverband eerbiedig sal word deur van alle deelnemers te verwag om 'n vertroulikheidsooreenkoms te onderteken, kan die SSVO nie vir die optrede van individuele deelnemers aanspreeklik gehou word nie.


2.      REKORDHOUDING

Kli?nterekords[3] word gestoor op HealthOne, 'n elektroniese databasis wat spesifiek vir hierdie doel ontwerp is. Die SSVO het elke moontlike maatre?l getref om te sorg dat rekords veilig bewaar word. Alle vertroulike aangeleenthede word uiters versigtig hanteer. Toegang tot die databasis word met 'n wagwoord beskerm. Rekords word vir vyf jaar op die elektroniese databasis gestoor, waarna dit vernietig word.


3.      DERDEPARTYVERSOEKE

Kli?nte kan deur dosente, ouers, familielede of verhoudingsmaats na die SSVO verwys word. Tog gee so 'n verwysing nie enige derde party die reg om toegang tot die kli?nt se inligting te bekom nie. Toegang tot inligting word slegs toegestaan indien die kli?nt skriftelike ingeligte toestemming verleen.

3.1   Indien die kli?nt toestemming verleen

Voordat enige inligting bekend gemaak word, sal die kli?nt die geleentheid ontvang om dit in die teenwoordigheid van die terapeut of praktisyn te bestudeer. In geval van derdepartyversoeke vir inligting oor verpligte voorligting geld die beginsel van deursigtigheid: 'n Derde party moet die kli?nt uit die staanspoor in kennis stel dat hy sekere inligting van die SSVO sal aanvra, en moet dus sorg dat die kli?nt ten volle bewus is van sy verhouding en kommunikasie met die SSVO. Inligting sal bekend gemaak word op 'n moet-weet-grondslag en in pas met die doel waarvoor dit aangevra word.

3.2   Indien die kli?nt nié toestemming verleen nie

Indien 'n kli?nt toestemming weier, sal geen inligting aan enige party bekend gemaak word nie. Tog kan die SSVO inligting onder dwang verstrek ingeval die hof 'n dagvaarding uitreik, hoewel die kli?nt in kennis gestel moet word.


LET WEL:

  • Die SSVO doen geen forensiese evaluerings nie.
  • Kli?nte se inligting sal nie sonder hulle skriftelike toestemming en formele etiekgoedkeuring vir navorsing versprei word nie.



[1] Studente.

[2] Wat ontvangs- en administratiewe personeellede insluit.

[3] Biografiese besonderhede, prosesaantekeninge, verslae en briewe.?