万博体育官网

图片
Undergraduate Bursaries & Loans
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor Ons

??????????????? Bursaries.jpg


Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings is 'n onderafdeling van die Finansies Afdeling.


Die Sentrum het 'n span professionele finansi?lesteunpraktisyns wat studente met die oog op voorgenome óf voortgesette studies bystaan om aansoek om finansi?le steun te doen deur beurse en lenings op 'n volhoubare manier te administreer en uit te reik.

Ons praktisyns is daartoe verbind om toegang tot ho?r onderwys te verbreed deur studente oor moontlikhede vir finansi?le steun met die oog op voorgenome óf voortgesette studies in te lig en toe te rus, en sodoende te verhoed dat enige akademies verdienstelike studente verdere studies ontsê word weens finansi?le behoeftigheid nie.

Ons verstaan dat enige aansoekproses uiteraard spanningsvol is, daarom stel ons ons ten doel om aan studente die bystand te bied wat nodig is om die hele proses
'n aangename ervaring te maak.


  Hierdie bystand sluit die volgende in:

  • Reageer flink op navrae vanaf studente, ouers, maatskappye en skenkers.

  • Verskaf aan studente leiding en staan hulle met finansi?le beplanning by.

  • Verdeel die beskikbare fondse en wys dit toe.

  • Verrig die finansi?lebestuur-aspek van finansi?le steun – interne fondse sowel as eksterne beurse vanaf maatskappye en ander skenkers.

  • Versprei inligting oor geleenthede vir finansi?le steun (US Jaarboek, Deel 2: Beurse en Lenings).