?
?
Internasionale Studente

 

BELANGRIKE INLIGTING VIR ALLE INTERNASIONALE STUDENTE

US Internasionaal - Toelatingsboe?kie

?
Stud
ievisum voor aankoms? 

Internasionale studente moet oor ’n geldige studievisum beskik om aan die Universiteit Stellenbosch (US) te studeer. Die US mag nie ’n student sonder ’n geldige tydelike verblyfvisum registreer nie. Jy sal as deel van jou visumaansoek ’n?mediese sertifikaat?en ’n?radiologieverslag?moet indien, sowel as enige ander dokumente wat versoek kan word (raadpleeg jou naaste Suid-Afrikaanse ambassade of ho? kommissariaat). Daarbenewens sal jy bewys moet lewer van mediese dekking wat in Suid-Afrika erken word, van ’n verskaffer wat ingevolge die Wet op Mediese Skemas, 1998, by die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Skemas geregistreer is.  

 

Kontak asseblief jou naaste?Suid-Afrikaanse ambassade of ho? kommissariaat om die besonderhede van die aansoekproses en die vereiste stawende dokumente vir die visumaansoek te bevestig. 

 

BELANGRIK:?Let asseblief daarop dat dit etlike weke kan duur om ’n visum te kry, hoewel dit in elke land verskil. Begin daarom met jou visumaansoek deur te bepaal watter stawende dokumente jy sal nodig kry, want party dokumente is tydrowend om aan te vra. Sorg ook asseblief dat jy ’n volledige visumaansoek indien. Die inligting wat hier voorsien word, dien slegs as ’n riglyn. Vereistes vir ’n Suid-Afrikaanse visum is onderworpe aan verandering, en elke aansoek word as ’n individuele geval hanteer. Doen altyd eers navraag by jou naaste Suid-Afrikaanse ambassade of ho? kommissariaat voordat jy na Suid-Afrika reis.? 

 

Fooie vir voorgraadse internasionale studente met ’n studievisum wat vir ’n volledige graadprogram wil inskryf, is soos volg 

Dieselfde klasgeld as vir ’n Suid-Afrikaanse burger + ’n internasionale registrasiefooi (SAOG-burgers én nie-SAOG-burgers) ’n internasionale onderrigfooi (Afrikaan van buite SAOG, en alle ander nie-SAOG-burgers) ’n diensfooi (soos vir drukwerk, fotokopi?ring, materiaal, notas, laboratoriumfooie, ensovoorts) 

’n Verpligte minimum fooi is met óf voor registrasie betaalbaar vir onderrig en (in geval van universiteitsverblyf) vir huisvesting en etes, en die res is betaalbaar teen Mei van die akademiese jaar waarvoor jy geregistreer is. 

 

Die houer van ’n studievisum mag hoogstens 20 uur per week se deeltydse werk verrig. 

 

Persone met permanente verblyfreg in Suid-Afrika  

  • Aansoeke om permanente verblyfreg in Suid-Afrika word ingevolge artikel 26 (direkte verblyfpermitteen artikel 27 (permitte vir verblyfreg op ander grondevan die Immigrasiewet van 2002 (Wet 13 van 2002) oorweegin samehang met regulasie 33 van die Immigrasieregulasies. Wat die verlening van permanente verblyfpermitte betref, word daar voorkeur gegee aan immigrante wat ’n sinvolle bydrae kan lewer om die Suid-Afrikaanse ekonomiese basis te verbreed. 

  • Persone met permanente verblyfreg in Suid-Afrika moet oor ’n geldige Suid-Afrikaanse ID-boek of permanente verblyfsertifikaat beskik. 

  • Persone met permanente verblyfreg betaal dieselfde universiteit- en huisvestingsgeld as Suid-Afrikaners 

 

Vlugtelinge 

  • ’n Vlugteling het asielstatus en geniet beskerming ingevolge artikel 24 van die Wet op Vlugtelinge 130 van 1998. 

  • Klik?hier?vir verdere inligting oor vlugtelingstatus. 


  • Studente met vlugtelingstatus betaal dieselfde universiteit- en huisvestingsgeld as Suid-Afrikaners.
     

 

Asielsoekers 

  • n Asielsoeker kom die Republiek van Suid-Afrika binne deur ’n erkende hawe van binnekoms (’n grenspos op land, ’n lughawe of skeepshawe), maak aanspraak op asiel, en ontvang gevolglik ’n artikel 23-permit – ’n nie-hernubare “asieldeurgangspermit” – kragtens die Immigrasiewet. 

  • Die permit geld vir slegs 14 dae en magtig die persoon om by die naaste vlugtelingontvangskantoor aan te meld om ingevolge artikel 21 van die Wet op Vlugtelinge om asiel aansoek te doen. 

  • Klik?hier?vir verdere inligting oor asielsoekers. 

  • Fooie vir voorgraadse internasionale studente met ’n asielsoekerspermit wat vir ’n volledige graadprogram wil inskryf, is soos volg 
    Dieselfde klasgeld as vir ’n Suid-Afrikaanse burger + ’n internasionale registrasiefooi (SAOG-burgers én nie-SAOG-burgers) + ’n internasionale onderrigfooi (Afrikaan van buite SAOG, en alle ander nie-SAOG-burgers) + ’n diensfooi (soos vir drukwerk, fotokopi?ring, materiaal, notas, laboratoriumfooie, ensovoorts) 

  • ’n Verpligte minimum fooi is met óf voor registrasie betaalbaar vir onderrig en (in geval van universiteitsverblyf) vir huisvesting en etes, en die res is betaalbaar teen Mei van die akademiese jaar waarvoor jy geregistreer is. 

 

Studente sal die volgende dokumente vir voorregistrasie moet indien:?  

  • Bewys van geldige paspoort (gewaarmerk) 

  • Bewys van geldige studievisum om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer/bewys van permanente verblyfreg in Suid-Afrika/bewys van vlugtelingstatus/bewys van asielsoekerstatus (gewaarmerk) 

  • Bewys van Suid-Afrikaanse mediese dekking (https://www.medicalschemes.com/medicalschemes.aspx) 

  • Betaalbewys van verpligte minimum aanvangsfooi, of beursbrief 

 

Let asseblief daarop dat studente bogenoemde gewaarmerkte dokumente by voorregistrasie moet indien 

Registrasie vir jou akademiese program vind ná voorregistrasie plaas. 

 

Kontakbesonderhede 

 

Alle navrae kan gerig word aan Universiteit Stellenbosch Internasionaal (US Internasionaal), RW Wilcocks-gebou, op die hoek van Ryneveld- en Victoriastraat (ingang in Victoriastraat).  
 
Studente kan die kantoor op weeksdae van 10:00 tot 13:00 en weer van 14:00 tot 15:00 besoek (gesluit op Woensdae). 

 

Ondersteuning met voorgraadse internasionale inskrywings 

Kontak suiundergrads@sun.ac.za ?indien jy hulp nodig het met voorgraadse internasionale inskrywing.  

Kontaknommer: +27 (0)21 808 2910 

 

Ondersteuning met die inskrywing van voorgraadse Suid-Afrikaanse burgers met internasionale skoling 

Kontak Chantal Grové-le Guillou (chantalg@sun.ac.zaindien jy ’n Suid-Afrikaanse burger met internasionale skoling is wat hulp nodig het met voorgraadse inskrywing 

Kontaknommer: +27 (0)21 808 9768 

 

Immigrasie en mediese dekking 

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake vereis ’n bewys van mediese dekking wat ingevolge die Wet op Mediese Skemas van 1998 by die Suid-Afrikaanse Raad op Mediese Skemas geregistreer is. 

- Bewys van lidmaatskap word vereis voordat jy by die Universiteit Stellenbosch kan registreer. 
- Studente word aangeraai om die lys mediese dekkingsopsies op die volgende webtuiste te bestudeerwww.sun.ac.za/international.   


Kontak Grant Leukes (immigration@sun.ac.zaindien jy enige verdere inligting of hulp nodig het met mediese dekking en/of vir immigrasienavrae. 

Kontaknommer: +27 (0)21 808 4628 

 

Huisvesting 

Nagraadse internasionale studente is daarvoor verantwoordelik om hulle eie huisvesting te bekom. Inligting oor verblyfmoontlikhede vir studente in die Stellenbosch-omgewing is beskikbaar by www.sun.ac.za/international 

 

Kontak Georgina Humphreys (interhouse@sun.ac.zavir enige verdere inligting.  

Kontaknommer: +27 (0)21 808 4702 

 

Vervoerdiens 

Vir inligting oor die Universiteit Stellenbosch se vervoerdiens vir wanneer jy in die land aankom, vul ’n aanlyn vlugaankomsvorm in by www.sun.ac.za/international 

 

Kontak die vervoerbeampte (suiarrivals@sun.ac.zavir enige verdere inligting oor oplaaire?lings. 

Kontaknommer: +27 (0)21 808 2566 

 

 ?



?? ?