万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werkswinkels skakel US se waardes oor in aksie
Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig (“ons handelingsriglyne”). Dit verskaf die goue standaard vir die soort gemeenskap wat ons graag wil wees. Gevolglik moet hierdie waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – deel uitmaak van hoe ons optree, aansluiting by mekaar vind, besluite neem en etiese uitdagings hanteer. 

Die Universiteit se Waardes in Aksie-werkswinkels is daarop gemik om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik. US-personeel word hartlik uitgenooi om deel te neem aan hierdie reis deur een van die voldag-werkswinkels by te woon.

Temas en vaardighede
Die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel stel deelnemers in staat om ’n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede aan te leer om moontlike waardebotsings te bestuur. Die volgende temas word tydens die werkswinkel bespreek:
* Die betekenis van waardes;
* Waardebotsings en hoe om dit op te los;
* Hoe om waardes te integreer tydens ons optrede en hoe ons by ander aansluiting vind; en
* Die integrasie van waardes deur leierskap en spanwerk.

Hoewel die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel binne ’n spesifieke afdeling of departement van die Universiteit gefokus kan wees, is oop werkswinkels ook beskikbaar vir alle personeel. Dit maak interaksie moontlik tussen uiteenlopende individue in ’n verskeidenheid van omgewings. 

Oop werkswinkel in Junie
Die volgende oop werkswinkel is op Donderdag 6 Junie 2024. (Al die plekke vir Maandag 27 Mei se werkswinkel is reeds gevul.)

Stuur asseblief ’n e-pos na Jacolette Kloppers by jacolette@sun.ac.za om te RSVP. Werkswinkels word by die L’Avenir-wynlandgoed naby Stellenbosch aangebied en duur van 08:00 tot 16:30. Meer besonderhede sal aan deelnemers gestuur word.

Doelgemaakte werkswinkels
Stuur asseblief e-pos na jacolette@sun.ac.za om ’n werkswinkel vir 'n spesifieke afdeling of departement te bespreek.

Meer inligting
https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Values-in-action.aspx
https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Basic-values-in-action-workshop.aspx

(Maandag 29 April 2024)