万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se Nuwe Databestuursplan Hulpmiddel (SunDMP)

Ons is verheug om die opwindende nuus te deel dat SunDMP, 'n databestuursplan (DMP) hulpmiddel aangedryf deur FAIR Wizard, amptelik bekendgestel is by die Biblioteek op 13 Mei 2024. Die bekendstelling van hierdie hulpmiddel het 'n belangrike mylpaal gemerk in ons strewe om data bestuursprosesse vir navorsers te stroomlyn.

SunDMP is 'n gevorderde DMP hulpmiddel wat ontwerp is om navorsers te bemagtig om hul DMP's op te stel. Met sy gebruikersvriendelike koppelvlak kan navorsers moeiteloos DMP's genereer in verskeie formate, insluitend Word Docs, PDF Docs, JSON Data, HTML Docs, LaTex Docs, en Markdown Docs. SunDMP sal navorsers in staat stel om te voldoen aan baie befondsers- en etiese aansoekvereistes.

Om toegang tot die SunDMP tool, te kry, kan navorsers die US DMP vorm of templaat vind deur die biblioteek se webwerf te besoek. Op die biblioteek se webwerf, klik op “Navorsing", beweeg dan af en kies “Hulpmiddel vir Navorsingsdatabestuur  (SunDMP)", waar hulle die hulpmiddel  onder die opskrif “Navorsingsdatabestuur sagteware" SunDMP tool kan vind.

?In ons verbintenis om alle US-navorsers te ondersteun in die generering van hul DMP's met behulp van hierdie hulpmiddel, is ons bly om SunDMP Woensdae in te stel, 'n toegewyde inisiatief om omvattende opleidingsessies aan te bied. Die opleidingsessies sal elke Woensdag plaasvind vanaf die 5de Junie 2024, van 11:00 tot 12:00. Die formaat van die opleidingsessies sal aanlyn via Teams wees, en die registrasie skakel sal beskikbaar wees op die biblioteek se webwerf onder die leertab. Die navorsers kan op die biblioteekopleidingskalender registreer. Alternatiewelik, kan navorsers registreer vir ons databestuursplan sessies tydens die #SmartResearcher werkswinkels.

Vir meer inligting of enige ander opleidingsversoeke, kontak asseblief vir Xabiso Xesi of Sizwe Ngcobo telefoonnommers: 021 808 9489/9978.