万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Onderriggenootskappe 2024
Outeur: Dr Karin Cattell-Holden
Gepubliseer: 18/10/2023

?

Onderriggenootskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in 2009 daargestel om ’n geleentheid vir uitstaande akademici te skep om hulle onderrigkundigheid te ontwikkel en die uitbreiding van die Akademieskap van Onderrig en Leer aan die Universiteit te bevorder. Sedertdien het die US reeds 20 onderriggenootskappe befonds.

Die Universiteitskapasiteitsontwikkelingsplan (“UCDP”) bied verdere befondsing vir twee onderriggenootskappe vanaf 1 Januarie 2024.

Die genootskappe bied uitnemende dosente met bewese betrokkenheid by onderrig-leer-assessering (OLA) en die Akademieskap van Onderrig en Leer ondersteuning en geleenthede om oor een tot drie jaar hul OLA-vakkundigheid op departementele, fakulteits- en institusionele vlak te bevorder en te deel. Verder bied die genootskappe akademici wat graag ? professionele onderrigtrajek sou wou volg ? geleentheid om hul navorsing oor en kennis van OLA te konsolideer en uit te brei.

Die kern van ? genootskap is ? navorsingsprojek wat op enige aspek van OLA mag fokus, dit wil sê makro-aspekte soos program- of kurrikulumvernuwing, of meer mikro-aspekte soos die herontwerp van die assessering van ? module of die ondersoek van innoverende klaskameringrype.

Voornemende aansoekers moet in gedagte hou dat die doel van ’n onderriggenootskap nie is om akademici aan die Akademieskap van Onderrig en Leer bekend te stel nie. Indringende kennis en toepassing van die Akademieskap van Onderrig en Leer is noodsaaklik om ’n navorsingsprojek op die vlak van ’n onderriggenootskap te onderneem.

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die 2024 Onderriggenootskappe is 17 November 2023.

Vir meer inligting, insluitende die bepalings van die genootskappe en die aansoekvorm, tree asseblief in verbinding met dr. Karin Cattell-Holden by kcattell@sun.ac.za.?