万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreldkinderdag: Samewerking belangrik om TB-meningitis by SA se kinders te bekamp
Outeur: Regan Solomons
Gepubliseer: 20/11/2023

?Wêreldkinderdag word jaarliks op 20 November gevier. In ? meningsartikel vir die Cape Times beklemtoon prof Regan Solomons (Departement Pediatrie en Kindergesondheid) die belangrikheid van samewerking tussen die regering, gesondheidsorgpraktisyns en plaaslike navorsers van wêreldgehalte om tuberkulosemeningitis by kinders in Suid-Afrika te bekamp ten einde hul lewens te red.

  • ?Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Regan Solomons*

Suid-Afrika dra een van die swaarste laste van tuberkulose (TB) wêreldwyd, insluitende tuberkulosemeningitis (TBM) – die mees verwoestende vorm van TB wat met 'n ho? sterftesyfer en siektes gepaard gaan. Veral jong kinders loop die gevaar om TBM te ontwikkel. Kinders tussen die ouderdom van twee en vier jaar is die grootste risikogroep aangesien kinders in hierdie ouderdomsgroep se breine nog steeds aan die ontwikkel is en veral kwesbaar is.

Dit is 'n groot uitdaging om TBM by kinders in ons land te bestuur weens die ingewikkelde aard van die siekte en ons spesifieke gesondheidsorgkonteks. Terwyl ons saam met mense regoor die wêreld vanjaar Wêreldkinderdag op 20 November vier, moet ons ook besef dat dit 'n begrip van die huidige situasie, die struikelblokke en moontlike oplossings vir die bestuur van TBM in Suid-Afrika by Suid-Afrikaanse kinders gaan vereis om hierdie uitdagings aan te spreek.

Soos die meeste mense weet, is die vroe? diagnose van die siekte uiters moeilik en word dit dikwels vertraag. Die ontstaan is meestal bedrieglik (dae tot weke) en vroe? simptome soos laegraadse koors, hoes, braking, prikkelbaarheid en lusteloosheid is nie spesifiek nie en kan met griep verwar word. Nekstyfheid is dikwels afwesig in die vroe? stadium van die siekte by kinders. Braking sonder voorafgaande naarheid moet klinici waarsku oor die moontlikheid van verhoogde druk in die skedel (intrakraniale druk). 'n Belangrike faktor wat die simptome van TBM van algemene siektes soos griep onderskei, is die volharding daarvan, hoewel hierdie kenmerk dikwels gemis word as 'n pasi?nt nie deurlopend dieselfde gesondheidspraktisyn sien nie. Huishoudelike kontak met 'n volwassene met pulmonale TB (TB van die longe) binne die vorige jaar behoort die vermoede van TBM te verhoog.

Ten einde TBM beslis te diagnoseer, moet daar bewyse van Mycobacterium tuberculosis – die bakterie wat TB veroorsaak – in die vloeistof wat die brein en rugmurg omring (serebrospinale vloeistof) teenwoordig wees. Toetse is egter in die re?l nie sub-optimaal by kinders nie en word ondersteunende bewyse in die vorm van serebrospinale vloeistofseltelling, chemie, borskas X-strale en breinbeelding benodig. Tuberkulose meningitis is meestal gegrond op 'n dokter se vermoede dat 'n kind die siekte kan hê en daar word dan met empiriese anti-tuberkuloseterapie begin. Dit is gewoonlik byna te laat om neurologiese inkorting om te keer sodra kliniese eienskappe van gevorderde TBM, insluitende meningeale irritasie, koma, toevalle, tekens van verhoogde intrakraniale druk, kraniale senuweeverlammings (swakheid van die senuwees wat verantwoordelik is vir oogbewegings, visie, gehoor, gesigsbewegings en sluk), hemiparese (swakheid aan die een kant van die liggaam) en bewegingsversteurings manifesteer.

As dit nie behandel word nie, sal die kind sterf, wat die belangrikheid van vroe? diagnose en behandeling beklemtoon. Selfs as dit gediagnoseer en behandel word, sterf tot 20% van die kinders en meer as die helfte van diegene wat oorleef, hou 'n neurologiese gestremdheid oor. 'n Verdere faktor wat die situasie kompliseer, is dat TB, en dus ook TBM, algemeen in verarmde sosio-ekonomiese omgewings voorkom waar armoede en voedselonsekerheid hoogty vier. Vir baie kinders in Suid-Afrika, veral in landelike en informele stedelike gebiede, is toegang tot gesondheidsorgfasiliteite beperk, wat reeds-vertraagde diagnose en behandeling vererger.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel soortgelyke behandeling vir kinders aan as dít wat vir long-TB gebruik word, met óf 'n 6- óf 12-maande-opsie vir TBM. Die WGO het in 2022 die sesmaande-regime – ook die Kaapstad-regime genoem aangesien dit by die Departement Pediatrie en Kindergesondheid by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en die Tygerberg-hospitaal ontwikkel is en die standaard van sorg is – as 'n alternatiewe regime voorgestel, op grond op verminderde sterftes soos aangedui in 'n sistematiese oorsig en meta-analise van waarnemingstudies. Om doeltreffend te wees, moet middels dood en neurogestremdhede kan voorkom by kinders wie se brein nog besig is om te ontwikkel.

Verskeie van die huidige eersteliniemiddels dring nie die brein doeltreffend binne nie. Verhoogde dosisse eerstelinie- en tweedeliniemiddels sonder toksisiteit word in deurlopende kliniese toetse wêreldwyd ge?valueer. Stero?ede is deel van die standaard van sorg in kindertuberkulosemeningitis. Daar is byvoorbeeld getoon dat lae dosisse talidomied doeltreffend is by sommige kinders met TBM; wyer gebruik, asook bruikbaarheid van ander middels soos aspirien vereis egter noukeurige studie. In Suid-Afrika kan die dubbele las van TB en MIV mede-infeksie tot gevolg hê, wat dit moeiliker maak om die TBM én MIV te behandel. By kinders wat vinnig ernstige MIV kan ontwikkel, is die korrekte tydsberekening vir die bekendstelling aan antiretrovirale terapie onbekend.

Jonger kinders met TBM en beroerte onafhanklik van mekaar, kan erger neurologiese gestremdhede ontwikkel, ondanks onlangse vordering in die bestuur van TBM. Die voorspelling van uitkomste, veral ná 'n beroerte, is belangrik om realistiese en haalbare behandelingsdoelwitte te stel, versorgers behoorlik in te lig, ontslagbeplanning te vergemaklik en moontlike gevolge vir tuis- en skoolaanpassings te verwag. Langtermynuitkomste by kinders met TBM sluit serebrale gestremdheid, gesiggestremdheid, gehoorverlies, kognitiewe inkorting, epilepsie en gedragsversteuring in.

?Gegewe die kompleksiteit van die diagnose, bestuur en die sosiale bepalende elemente wat kindertuberkulose onderstut, is daar 'n pragmatiese globale benadering nodig. Meer akkurate en toeganklike diagnostiese toetse vir TBM by kinders, soos verbeterde metodes vir die ontleding van serebrospinale vloeistof- en versorgingspunttoetse, moet ontwikkel en ge?mplementeer word. Anti-tuberkulose middels waarvan die werking by kinders bestudeer is, met pediatriese spesifieke dosering en duur van behandeling, moet ontwikkel en riglyne geformuleer en ge?mplementeer word. Net so moet die optimale tydsberekening van antiretrovirale terapie, asook die dosering en duur van behandeling van ander middels spesifiek vir kinders ontwikkel word, en nie 'n aanpassing van volwasse gebruik wees nie.

'n Klem op 'n wêreldwye kindergesondheidsbenadering tot TBM om die geheelbeeld, opvoeding en opleiding te handhaaf, is noodsaaklik ten einde gesondheidswerkers in staat te stel om TBM by kinders te kan diagnoseer en te bestuur. Dit sluit leiding oor die dosering en monitering van teen-tuberkulosemiddels in. Verhoogde bewustheid by gemeenskappe en versorgers oor die tekens en simptome van TBM by kinders is 'n verpligte voorkomende benadering om vroe? diagnose en versorging aan te moedig. Billike toegang tot gesondheidsorg en konsekwente en voldoende pediatriese teentuberkulosemiddels wat van primêre gesondheidsorgvlak opwaarts verskaf word, is ook noodsaaklik. Telegeneeskunde en uitreikings as 'n aanvullende benadering tot TBM-gesondheidsorg, veral in die landelike gebiede wat op 'n kleiner skaal bedien word, is nuttig, maar onderbenut. Deurlopende navorsing oor TBM by kinders, insluitende waarneming om die voorkoms en uitkomste te monitor, is noodsaaklik om sterftes en neurogestremdhede te verminder wat met die siekte verband hou.

Die bestuur van kindertuberkulosemeningitis in Suid-Afrika is ingewikkeld en uitdagend, wat 'n multi- en interdissiplinêre benadering vereis wat verbeterde openbare gesondheid, opvoeding, navorsing en beleid insluit. Samewerking tussen die regering, gesondheidsorgpraktisyns en plaaslike navorsers van wêreldgehalte is van kardinale belang om hierdie uitdagings die hoof te bied en die lewens van ons kinders te red.

*Prof Regan Solomons is die uitvoerende hoof van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe by die Universiteit Stellenbosch.