万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Antoinette van der Merwe aangestel as hoof van die Universiteit Stellenbosch se IT-afdeling
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 18/12/2023

?

As ons kyk na die reeks gebeure, mylpale en keerpunte wat dr Antoinette van der Merwe se professionele loopbaan gevorm het, blyk dit asof die sterre perfek belyn het om haar voor te berei vir haar nuwe rol as Hoofdirekteur: Inligtingstegnologie aan die Universiteit Stellenbosch ( US). Sy sal van 1 Maart 2024 amptelik hierdie posisie beklee.

Dr Van der Merwe is geen vreemdeling in die digitale wêreld nie — sy is al sedert sy in 1998 by die US aangesluit het, betrokke by digitale onderrig en leer. Sy het oor die jare waardevolle ondervinding opgedoen en 'n verskeidenheid institusionele strategie? en projekte gelei, onder meer die noodgedwonge oorgang na Hibriede-leer tydens die COVID-19-pandemie. “Ek glo dat ek noue bande en gesonde werkverhoudings opgebou het met baie belanghebbendes in fakulteite en die ondersteuningsomgewings wat my gaan help om hierdie nuwe uitdaging saam met 'n ongelooflike vaardige en toegewyde IT-span aan te pak."

Vra jy haar waarna sy die meeste uitsien in haar nuwe rol, antwoord dr. Van der Merwe onmiddellik: “Dit is om saam te werk en die stem te wees vir 'n sterk en toegewyde IT-span wat oor die jare getoon het dat hulle kundig, vaardig en geweldig verbind is tot die US se missie en visie en om 'n verskil maak in die Universiteit se reis na digitalisering en digitale transformasie.

Prof Stan du Plessis, die US se Uitvoerende Bedryfshoof, sê tydens haar voorlegging aan die keurkomitee het dr Van der Merwe “'n hoogs oortuigende visie gedeel van wat ons oor die volgende dekade by die US kan bereik met 'n ambisieuse IT-agenda. Ek is opgewonde om saam met haar te werk om hierdie enorme potensiaal te verwesenlik. Sy bring geweldige institusionele kennis en ervaring en is bekend daarvoor dat sy samewerking kan mobiliseer en uitstekende resultate kan lewer. Sy het my volle vertroue."

Dr Van der Merwe was voorheen die Senior Direkteur in die Afdeling Leer- en Onderrig. Sy was instrumenteel in professionele akademiese ondersteuning vir die afgelope 25 jaar aan die US. Sy het 'n MA in Geskiedenis van die Texas A&M Universiteit in Amerika en 'n PhD van die Universiteit Stellenbosch in Wetenskap- en Tegnologiestudies. Sy het ook die Wharton Advanced Management Program in 2023 voltooi wat sy beskryf as 'n ondervinding wat 'n mens se lewe verander. "Dit het my die geleentheid gebied om te leer oor leierskap en alle aspekte van bestuur uit die ondervinding wat ghoeroes in verskillende velde gedeel het. Ek kon ook netwerk en met 48 ander C-suite individue van regoor die wêreld saam leer. Ek kon ook krities oor my eie leierskapstyl besin het." Haar hoof navorsingsbelangstellings sluit in die wetenskap van opvoedkundige leierskap, die doeltreffende gebruik van leertegnologie? in ho?r onderwys en taalbeplanning en -bestuur.

Dr Van der Merwe sê IT het inderdaad 'n ambisieuse agenda vir die toekoms om volhoubare digitale transformasie as 'n samewerkende institusionele strategie te dryf en om leer en onderrig, navorsing en sosiale impak te transformeer in lyn met Visie 2040 en die Institusionele Raamwerk (2019- 2024). Dit sal 'n spanpoging verg met verskuiwings in terme van tegnologie, kultuur en die mense binne IT, maar ook wyer binne die instelling om te verseker dat daar sterk wil is vir ware digitale transformasie van alle aspekte van die Universiteit om suksesvol te wees.

Sy is veral opgewonde daaroor om die potensiaal en geleenthede van generatiewe Kunsmatige Intelligensie (KI) te benut, beide in terme van die verbetering van produktiwiteit en die dryf van innovasie, terwyl sy natuurlik ook bewus bly van potensi?le risiko's.

Die belangrikste, het sy gesê, is om te verseker dat IT "'n sitplek aan tafel" het: dat ons na die behoeftes van die fakulteite en instelling sal kan luister en dat ons stem as 'n span gehoor sal word om 'n volle vennoot te wees in die institusionele beplanning en bou van die Universiteit Stellenbosch van die toekoms. Sy sal dus 'n dubbele fokus hê: Om die IT-span te lei na bedryfsuitnemendheid deur tegnologie-infrastruktuur en -dienste en om transformasie moontlik te maak vir die omskakeling van innovasie in nuwe besigheidswaarde en dit te belyn met die institusionele strategie en behoeftes van die fakulteite en ondersteuningsomgewings.

Vir Dr Van der Merwe is dit van kardinale belang — vir enige strategie en in die lewe — om altyd seker te maak dat jy begin met die einddoel in gedagte en dan jou strategie? te belyn om dit te bereik. "IT is 'n instaatsteller, en dit is belangrik dat ons die potensi?le toekoms as 'n universiteit voorstel, saam gegewe die huidige Ho?r Onderwys nasionale en internasionale tendense en uitdagings en dan oorweeg hoe ons IT kan gebruik om daardie potensi?le toekoms doeltreffend te bemagtig en te ondersteun."

?Die IT reis 

“Ek glo dat die IT-span reeds stewig staan op die boustene wat hulle in plek gesit het om die uitdagings wat voorlê die hoof te bied. Saam met die bestaande tegniese en bestuurskundigheid in die IT-span en in samewerking met fakulteite en ander belanghebbendes, hoop ek om intellektuele en strategiese leierskap as 'n integrerende leier te verskaf om ons visie te verwesenlik: “Om volhoubare digitale transformasie by US te lei sodat ons Visie 2040 kan verwesenlik deur die innoverende, ge?ntegreerde en toepaslike toepassing van Inligting- en kommunikasietegnologie? in al die US se kernfunksies deur samewerkende en wederkerige interne en eksterne vennootskappe."

Ek glo dat dit van kardinale belang is dat ons voortbou op en leer uit ons merkwaardige prestasies (wat in 'n rekordtyd behaal is) tydens die COVID-19-krisis om op 'n buigsame en raadgewende manier vir na-COVID-19 tegnologie-geaktiveerde scenario's te beplan, terwyl ons die uniekheid van elke fakulteit, die diversiteit van ons studentekorps en die US as universiteit in (en vir) Afrika (en die wêreld) in ag neem."

Op die vraag wat sy in haar vrye tyd doen, het dr Van der Merwe geantwoord: “Ek is in die eerste plek die ma van Alex. Hy hou my voete stewig op die grond". As een van Suid-Afrika se top skaakspelers het Alex onlangs sy matriek aan Paul Roos Gimnasium voltooi, en saam reis die duo baie om kampioenskappe regoor die land en in die buiteland by te woon. Hy gaan volgende jaar by die US aansluit om Datawetenskap te studeer. “Hy is die beste ding wat in my lewe gebeur het," sê sy. Haar man, Brink, is 'n professor in Rekenaarwetenskap aan die US.