万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gewilde joernalis kry meestersgraad vir navorsing oor betaalmodel vir media
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 19/12/2023

Die bekroonde joernalis Carryn-Ann Nel het al baie struikelblokke in haar lang loopbaan oorkom, maar die héél moeilikste uitdaging wat sy vir haarself gestel het, was om 'n meestersgraad in die joernalistiek te behaal.

Toe sy op 11 Desember aan die Universiteit Stellenbosch (US) graad gevang het, het die vreugdevure hoog gebrand.  

Nel beskryf die gradeplegtigheid as een van die grootste en lekkerste oomblikke van haar lewe. “Daardie paar sekondes waar jy oor die verhoog stap en alles om jou net stil raak… Twee jaar se navorsing en skryf aan my tesis was toe alles die moeite werd. Ek is dankbaar en geweldig trots." 

Ná die gradeplegtigheid het sy saam met haar familie gaan uiteet. “Ons het my meerstersgraad met trane, bubbles en mooi speeches gevier," vertel Nel. Op Facebook en X (vantevore Twitter) het gelukwensings van honderde kollegas, familie en vriende ingestroom.  

Nel is al sedert kindsbeen 'n ywerige skrywer toe sy as 10-jarige begin dagboek hou het, iets wat sy steeds getrou doen. Haar Afrikaans-onderwyser op ho?rskool, Rika du Plessis, het haar aangemoedig om haar natuurlike aanvoeling vir skryf in joernalistiek te kanaliseer. Op haar tipiese onbeskroomde manier bely Nel daar was in haar prille jeug 'n bymotief om 'n joernalis te wou word – sy was mal oor krieket en wou bitter graag haar held, Herschelle Gibbs, ontmoet.  

“So, toe dink ek, hoe gaan ek hom ontmoet? Deur die joernalistiek! Ek het hom toe wel ontmoet – die dag toe hy vir dronkbestuur in die hof verskyn het – maar daai is ? storie vir ? ander dag! Ek het toe nooit ? krieketskrywer geword nie, want ek het verlief geraak op nuus." 

Nel, wat in 2019 die Rykie van Reenen-stoel beklee het as dosent vir honneursstudente in joernalistiek aan US, is nou al vir 18 jaar 'n joernalis. Sy het haar tande geslyp by Die Burger en ook by Rapport en Beeld naam gemaak. Later het sy oorgeskakel na die digitale nuusplatform Netwerk24 en deesdae werk sy as inhoudsvervaardiger by Media24 se TV-produksiehuis, Pop24. 

Loopbaanhoogtepunte

Daar is te veel loopbaanhoogtepunte om op te noem, sê Nel, maar sy sonder tóg die dag uit toe sy in dieselfde vertrek was as oudpres. Nelson Mandela. “Al het ek hom nie persoonlik ontmoet nie, het ons o? ontmoet. As ? junior joernalissie was die oomblik baie groot vir my. Ander hoogtepunte was my dae as onderwysverslaggewer in Johannesburg tydens die #FeesMustFall-betogings. Ek het gevoel ek is deel van ? belangrike hoofstuk in die geskiedenis van ons land. Op ? meer persoonlike vlak was ? hoogtepunt toe ek in 2013 as beste rubriekskrywer by Media24 aangewys is, en dít vir rubrieke wat ek geskryf het vir die jeugmark. Ek het dit glad nie verwag nie, dit was so goed om erkenning te kry." 

Vir haar meestersgraad onder leiding van prof Lizette Rabe het Nel ondersoek ingestel na betaalmure en subskripsiemodelle en die impak wat dit op die medialandskap het. In die tyd wat sy by Netwerk24 gewerk het, is haar nuuskierigheid geprikkel of Suid-Afrikaners al die kopskuif gemaak het om vir nuus te betaal. Sy wou ook vasstel in watter mate betaalmure 'n bydrae tot die volhoubaarheid van die joernalistiek in 'n kompeterende advertensiemark lewer.  

“My gevolgtrekking was dat lesers wat dit kan bekostig vir nuus moet betaal, anders gaan gehalte-joernalistiek daaronder ly, veral in ? mark met nuus wat nie geverifieer word nie en fopnuus wat ons daagliks ? kopseer gee. Ek dink my navorsing dra by tot die vraag oor die volhoubaarheid en toekoms van die joernalistiek. Is betaalmure deel van die oplossing om goeie joernalistiek volhoubaar te maak en te verseker dat nuuskantore kan funksioneer? Ek dink so, ja." 

Op die vraag hoe sy die stres hanteer het van werk én studeer, skemer Nel se pittigheid weer deur. “My eerste antwoord is baie wyn!" Maar op 'n ernstiger noot noem sy dat sy alkohol in die pylvak van haar tesis prysgegee het. Sy het net op haar studies gefokus en die opoffering was die moeite werd, sê Nel. 

“Kyk, dit was sekerlik dié moeilikste twee jaar van my lewe. Ek dink wat vir my gewerk het, was dat ek my week goed beplan het en probeer het om genoeg balans te kry. Ek wou ook my studiejare geniet en nie voel ek skakel af en sien nie my familie en vriende nie. Eintlik moet my ouers, Vivier en Lorraine, se name saam met myne op die graadsertifikaat staan, want hulle was die mense wat my deurgedra het. Om werk en studies te juggle was nie altyd maklik nie, maar ek wou nie die een onder die ander laat ly nie en ek moes net tyd maak om my beste vir albei te gee. Dit was vir my belangrik om myself nie te 'verloor' nie, maar om steeds ? gesonde balans tussen werk, studies en my persoonlike lewe te vind." 

Nel het haar meestersgraadstudies begin terwyl Covid-maatre?ls nog gegeld het en sy het die meeste van haar klasse aanlyn bygewoon. “Ek en prof Rabe het gereeld via e-pos en WhatsApp-oproepe in kontak gebly. Sy het my op my tone gehou en my gemotiveer om nooit tou op te gee nie. Sy het my gedurig herinner aan een van Madiba se bekendste aanhalings: 'It always seems impossible until it's done'. Ek dink dit gaan my vir altyd bybly." 

Sosiale media-ster

Nel beskryf haarself as ? “go-getter en ? kanniedood", asook iemand wat altyd wil weet “waarom". Oor haar groot aanhang op sosiale media, waar sy openhartig brokkies deel oor dinge soos hartsake en selfaanvaarding (bekend as body positivity), sê sy die kuns is om jouself nie te ernstig op te neem nie.  

“Ek dink balans is altyd die antwoord. Ek het al redelike senior posisies in my loopbaan beklee, maar voel ek moet myself nooit te ernstig opneem of beterweterig wees nie. Ek bly ? mens met foute en ek leer nog elke dag oor die wêreld, maar ek bly ook ? mens met ? verantwoordelikheid om my platform ten goede te gebruik. Ek dink ook die terugvoer wat ek van sosialemedia-gebruikers kry, laat my voel ek open belangrike gesprekke." 

Oor die toekoms is die gewilde joernalis ook filosofies. “Ek glo ? mens moet uit soveel as moontlik velde in die bedryf leer. Jy moet nooit ophou leer of stagneer nie. Dis ál manier hoe jy jouself in staat kan stel om in enige rol in te stap, juis omdat jy nooit weet in watter rigting die bedryf volgende gaan beweeg nie. Jy moet bybly of jy gaan agter raak. En hoe opwindend is dit nie om te weet jy bemagtig jouself die heeltyd nie! Ek is opgewonde oor die toekoms, want ek dink dit dwing ons om meer innoverend en kreatief te dink oor hoe ons stories in die toekoms gaan vertel." 

FOTO: Stefan Els