万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ma ken seun se graad met trots toe
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 20/12/2023

?Die vreugdevure wat met gradedag gepaard gaan, verbloem soms die fel stryd wat studente en hul gesinne moet voer om die eindstreep te haal. Vir Kayden Carelse was 14 Desember, toe ? honneursgraad in logistiek aan hom toegeken is, ? emosionele dag. Saam met hom op die verhoog was sy ma, Leane Kirk, wat die eer gehad het om die graad aan haar seun toe te ken terwyl sy naam voorgelees is.

Kirk, ? persoonlike assistent by Bestuursfunksie-ondersteuning in die Registrateursafdeling van die Universiteit Stellenbosch (US), het ? deurslaggewende rol in haar seun se sukses gespeel. As ? enkelma het Kirk aansienlike opofferings gemaak om Carelse gedurende sy studies te ondersteun.

Dié ma en seun het ná die plegtigheid gestraal van trots. “My ma was ? rigtinggewende figuur in my reis deur die lewe én die akademie," het Carelse gesê. “Om vandag saam met haar op die verhoog te wees is die gevolg van haar ondersteuning en haar geloof in my. Ek is vandag hier danksy haar."

“Dat hy hierdie mylpaal bereik het, getuig van Kayden se veerkragtigheid en vasberadenheid, het Kirk gesê. “Ek is so trots op hom. Dit was ? rowwe paar jaar, maar hy het deurgedruk."

Soos baie studente wat tydens die Covid 19-pandemie deur onverwagte uitdagings in die gesig gestaar is, moes Carelse diep delf om die motivering en dissipline te vind om op sy studies gefokus te bly. Hy het sy akademiese reis in 2019 met ? BCom-graad in ekonomiese en bestuurswetenskappe begin. In sy tweede jaar het 'n tragedie die gesin getref toe Kayden se oupa, Dennis Carelse, wat vir hom soos ? pa was, tydens sy Junie-eksamen aan Covid beswyk het. Sy familie het die moeilike besluit geneem om die nuus van hom te weerhou totdat hy sy eindeksamen die volgende dag voltooi het. Die onthulling het hom verpletter en dit het al sy krag geverg om op koers te bly. Carelse het in 2021 nóg hartseer beleef met die dood van ? geliefde oom en 'n neef.

Te?spoed het hom sterk en vindingryk gemaak, sê Carelse. “Die baie swaarkry in my lewe het my karakter gevorm. My hardkoppigheid is ? eienskap wat wesenlik bygedra het tot die voltooiing van my studies en om my bes te doen, en my veerkragtigheid is ? produk van hierdie eienskap. Ek het altyd my einddoel in die oog gehou, naamlik om my familienaam hoog te hou."

Die deurlopende ondersteuning van sy gesin het aansienlik bygedra om aan sy emosionele en geestelike behoeftes tydens moeilike tye soos eksamens te voldoen, sê Carelse. “Dit was ? voortdurende herinnering aan hoekom ek studeer en wat my doelwitte is."

Carelse skryf die vorming van sy karakter ook toe aan die vriendskappe wat hy by Huis Visser gevorm het. “Huis Visser het my tuiste en ? toevlugsoord geword in die US se stresvolle omgewing met sy vinnige pas. Ek het sterk bande met talle ander inwoners gesmee en die broederskap het baie tot die ontwikkeling van eienskappe soos dié van ? spanspeler en ? leier bygedra.

Carelse sê hy sal altyd die vriendskappe koester wat hy by die US gesmee het. “Die Universiteit se diverse omgewing het my in staat gestel om interaksie te hê en ? netwerk te vorm met mense met wie ek nog lank ? verhouding sal hê."

Toe hy met sy honneursgraad begin het, was hy geestelik en emosioneel uitgeput, vertel Carelse. Maar die hulp en aanmoediging van een van sy dosente, Heinrich Freiboth, het ? groot verskil gemaak. “Sy deur was altyd oop en hy het my gehelp om baie twyfel in my honneursjaar te oorkom."

Carelse gaan volgende jaar as vlootbestuurder begin werk en hy beplan om sy ervaring op die gebied van logistiek uit te brei sodat hy later na die US kan terugkeer om ? meestersgraad te voltooi. “Die veld van logistiek groei vinnig. Wat my na dié dissipline aangetrek het, was dat ek kan bydra tot ? aspek van besigheid wat nie tradisioneel as belangrik geag is nie, maar nou ? integrale deel van besigheidsukses vorm. Tydens my voorgraadse studies het my vermo? om konsepte in logistiek te begryp dit selfs meer aantreklik gemaak en interaksie met logistiek-verwante literatuur en werk was vir my stimulerend en het ? impak gemaak."

FOTO: Ignus Dreyer SCPS photos