万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Birthday for Bursaries bied ondersteuning aan gesondheidswetenskappe studente
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie
Gepubliseer: 26/01/2024

Die meeste mense verwag om geskenke op hul verjaardag te ontvang, maar prof Karin Baatjes gebruik haar volgende verjaardag om een van die grootste geskenke van almal te gee: opvoeding.

Ter viering van haar 50ste verjaardag gaan Baatjes, die Vise-dekaan: Leer en Onderrig vir die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), die Birthday for Bursaries-veldtog loods met die doel om R100 000 in te samel vir beurse vir gesondheidswetenskappe studente.

"Regdeur my loopbaan was ek ? voorstander van opvoeding en ek glo in die krag daarvan om lewens te transformeer," sê Baatjes. “Die Birthday for Bursaries-veldtog het ten doel om tasbare bystand in die vorm van beurse aan verdienstelike studente te verskaf om hulle te help om hul doelwitte te verwesenlik sonder finansi?le beperkings."

Hou voet by stuk

Om momentum aan die veldtog te gee, sal Baatjes vanaf haar verjaardag (31 Januarie) weekliks vir 50 minute stap/draf/fietsry – ter erkenning van haar 50ste verjaardag – tot en met 21 Maart 2024, wat Menseregtedag is. En sy nooi die Stellenbosch-gemeenskap om saam met haar op hierdie avontuur te kom.

“Of jy nou stap, hardloop, fietsry of skaatsplankry, ons moedig mense aan om vir 50 minute saam met ons te beweeg op watter manier hulle ook al verkies," sê Baatjes. Die meeste van die 'oefensessies' sal op die Tygerbergkampus plaasvind, en jy kan verwag om van tyd tot tyd 'n paar bekende gaste te sien aansluit. Hou die sosiale media-ruimtes dop vir inligting oor presiese datums.

Bou op sukses

Sy het verlede jaar die eerste keer die idee gekry om haar verjaardag as 'n fondsinsameling geleentheid vir studentebeurse te gebruik toe sy beoog het om R49 000 vir haar 49ste verjaardag in te samel. Die inisiatief was uiters suksesvol en sy het daarin geslaag om byna R70 000 in te samel.

“Dit was hartverblydend dat kollegas, vriende, familie, ander instansies en maatskappye bereid was om geld te skenk om studente te help om deur hul grade te kom," sê Baatjes oor die sukses van verlede jaar se projek. “Ná die positiewe reaksie het ek besluit om dit elke jaar rondom my verjaardag te doen, vandaar die veldtog se naam: Birthday for Bursaries."

Verlede jaar se inisiatief het nie net finansi?le steun van die US-gemeenskap geniet nie, maar 'n aantal prominente persoonlikhede en bekendes het ook hul gewig daaragter gesit. Die US se Regte Trust se Navorsingsleerstoel, prof Thuli Madonsela, het 'n staptog van 5 km saam met Baatjes in Stellenbosch voltooi, terwyl die bekende dokter en US-alumnus, dr Darren Green, by 'n sessie op die Tygerbergkampus aangesluit het, asook die US Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers.

Verlig finansi?le stres

Baatjes se hele loopbaan is gerig op diens aan studente—eers as 'n akademikus waar sy getaak was om studente op te lei in die teoretiese en praktiese aspekte op die gebied van anatomie en chirurgie, tot by haar huidige rol as Visedekaan: Leer en Onderrig waar sy verantwoordelik is vir alles studenteverwant aan die FGGW.

“Daar is meer daaraan om 'n student te wees as net akademie, en oor die jare het ek gepoog om ondersteuning aan al die aspekte van studente se lewens te bied. Ek dink dit moet baie stresvol wees vir studente om op akademie te konsentreer terwyl hulle bekommerd is oor fondse om jou studiegelde te betaal," sê Baatjes. “Ek word gedryf deur die begeerte om daardie studente te probeer ondersteun. En hoewel ek besef dat dit nooit genoeg sal wees om alle studente te help nie, is ek gemotiveerd om 'n verskil te probeer maak aan diegene wat ek kan."

Alle opbrengs van die Birthday for Bursaries-veldtog gaan aan die Ithemba-beursfonds wat finansi?le steun verleen aan verdienstelike gesondheidswetenskappe studente by die FGGW.

Wys jou ondersteuning

Klik hier om te skenk vir die Verjaarsdag vir Beurse-veldtog. Jy kan ook jou ondersteuning wys deur by Baatjes aan te sluit op een van die bewegingsessies wat weekliks plaasvind. Hou sosiale media dop vir meer inligting oor die oefensessies.