万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kaapse Karnaval beloof 'n Lekker tyd vir almal
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 26/02/2024

In 'n skouspelagtige vertoning van kleur, kreatiwiteit en diversiteit tydens 'n onlangse mediabekendstelling, het die Kaapse Karnaval sy gaste 'n voorsmakie gegee van wat hulle te wagte kan wees wanneer dié geleentheid op 16 Maart 2024 langs die ikoniese Green Point Fan Walk afskop.

Die Kaapse Karnaval is 'n geregistreerde sosiale-impakinisiatief van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe onder leiding van professor Rachel Jafta. Jafta is ook die voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust en een van die stigters van die karnaval. Craig Lemboe, haar kollega van die US Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch, is ook 'n stigterstrustee.

Vanjaar sal meer as 1 000 kunstenaars van verskeie gemeenskappe regoor die provinsie aan die feesvieringe deelneem deur vlotte te ontwerp, kostuums te maak, dansbewegings te sinchroniseer en melodie? te vervolmaak.

Die mediabekendstelling, wat op Januarie plaasgevind het, het gaste van onder meer die Stad Kaapstad, die Nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur, Multichoice en Wesgro gelok. Hulle is vermaak deur entoesiastiese dansers wat fantastiese wêrelde soos 'n diepsee vol mitiese wesens, 'n wêreld gemaak van lekkers en lewendige landskappe van vere en fynbos, uitgebeeld het.

Cape Carnival Lekker

Jay Douwes, uitvoerende hoof van die Kaapse Karnaval, het gesê die tema vir vanjaar se karnaval is Lekker.

“Dit het vanjaar baie duidelik geword dat mense iets eenvoudig en prettig wil hê wat verteenwoordig wie ons is en wat vir ons belangrik is. En wat vir Kapenaars die belangrikste is, is ons diversiteit, ryk kultuur, onmiskenbare skoonheid en sin vir humor. So Lekker is regtig 'n gevoel wat ons deur die karnaval wil oproep. Die woord beskryf wat Kaapstad en inderdaad Suid-Afrika spesiaal maak,” het Douwes gesê.

Jafta beskryf die Kaapse Karnaval as 'n pragtige veelvlakkige verskynsel wat nie net baie vreugde verskaf nie, maar ook bydra tot die plaaslike ekonomie en vaardigheidsontwikkeling.

“Ja, die geld wat mense spandeer in die aanloop tot die geleentheid en op die aand van die geleentheid, en al die werk wat op die kort termyn geskep is, is baie belangrik. Maar die karnaval is ook 'n plek waar iemand op die straat met absoluut geen vaardighede die geleentheid gegun kan word om vaardighede aan te leer en in die praktyk toe te pas. Dié is duursame impakte.”

Professor Rachel Jafta

Sy het bygevoeg: “Maar die beste van alles is die sosiale samehorigheid (wat hierdie gebeurtenis skep). Ons gemeenskappe in die Kaapse Karnaval sorg vir mekaar ten spyte van die diversiteit en grense wat ons in die verlede van mekaar geskei het. En dit is vir my die langtermyn-impak van die Kaapse Karnaval.”

Eddie Andrews, waarnemende burgemeester van Stad Kaapstad, het gesê hulle is trots om 'n vennoot van die Kaapse Karnaval te wees aangesien dit 'n belangrike rol speel om beleggings na die stad te lok.

“Ons wil Kaapstad posisioneer as 'n stad van hoop wat reageer op armoede, ongelykhede en werkloosheid. Geleenthede soos die Kaapse Karnaval lok nie net plaaslike inwoners nie, maar ook nasionale en internasionale besoekers. Hulle kom Kaap toe om die karnaval by te woon en by ons hotelle te bly, geld by ons eetplekke te spandeer en ons informele handelaars te ondersteun. Daardie ekonomiese inspuiting is vir ons belangrik, want die ekonomie kan dan groei.”

Cape Carnival dancers

Sibusiso Sakayi, 'n Kaapse Karnaval uitvoeringsfasiliteerder, het verduidelik dat hy nooit verwag het dat hy dié pos sou los slaan nie. Sakayi, wat nog altyd passievol oor die kunste was, sê hy het sewe jaar gelede as toeskouer die karnaval begin bywoon.

“Ek het al die kunstenaars aangemoedig en vir hulle geskreeu toe ek die karnaval in 2016, 2017 en 2018 bygewoon het. In 2019 het ek by 'n organisasie aangesluit en tot my vreugde vind ek toe uit dat hulle by die Kaapse Karnaval betrokke is. Die karnaval het talent in my raakgesien en my selfs die geleentheid gebied om Hong Kong te besoek.”

“My droom het waar geword. Om te dink ek was aanvanklik net deel van die skare, maar nou is ek die geograaf en uitvoerende fasiliteerder vir die Kaapse Karnaval.”

Die vaardighede wat Sakayi daar aangeleer het, het hom ook bemagtig om 'n organisasie genaamd Ithonga Lethu in Gugulethu te begin. Dié organisasie leer jongmense drama, kuns en inheemse musiek.

Cape Carnival grou

Die Kaapstad Karnaval word geborg deur die Wes-Kaapse Regering, Stad Kaapstad, KFM 94.5, Southern Sun, DSTV, MultiChoice, Naspers, die Nasionale Departement van Kuns, Kultuur en Sport en die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport.