万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rekordgetal Maties-fietsryers pak Kaapstad-fietstoer aan om minstens R350 000 in te samel
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Anél Lewis]
Gepubliseer: 01/03/2024

?'n Rekordgetal van 70 fietsryers sal Sondag 10 Maart by die Kaapstad-fietstoer vir Maties in nood wegspring.

Die groep alumni, personeel, studente en vriende van die Universiteit staan onder leiding van prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US). Hulle hoop om elkeen minstens R5 000 in te samel vir #Move4Food, een van die prioriteitsinisiatiewe wat deel is van die Universiteit se Bridge the Gap-geldinsamelingsveldtog.

Hierdie dapper groep veteraan- en nuwelingfietsryers hoop om deur hulle gesamentlike poging minstens R350 000 in te samel om honger US-studente te help wat dalk nie die finansi?le hulpbronne het om die koste van hulle etes te dek terwyl hulle op kampus is nie.

In die verlede kon deelnemers wat aan die wedren deelgeneem het om geld vir die Universiteit in te samel, kies vir watter doel hulle dit wou doen. Die uiters groot behoefte om studente te ondersteun wat met voedselonsekerheid worstel, het egter tot die besluit gelei om die fietstoer se geldinsamelingspogings op #Move4Food te konsentreer. “Die behoefte aan ondersteuning neem elke jaar toe. Vanjaar alleen worstel minstens 5 000 studente in die stilte met hongerte," verduidelik Alwin Mabuza van die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, “en ons wil dit verander".

Mabuza het vandeesweek by die amptelike oorhandiging van die fietsryers se truie gesê die student-geleide veldtog is een van die maniere waarop die US onmiddellike verligting aan honger studente kan bied. Viwe Benxa, Alumni-deelnameko?rdineerder, het van die studente se stories gedeel wat die afgelope paar jaar by die veldtog baat gevind het. “Armoede is nie 'n keuse nie, en Move4Food is die rede waarom ons steeds kan glimlag en ons waardigheid kan behou," het een van die begunstigdes gesê.

Die aantal US-fietsryers wat ten bate van liefdadigheid deelneem, het van vyf 'n paar jaar gelede tot 'n aansienlike 70 deelnemers vanjaar gegroei. “Aanstaande jaar mik ons vir 100," het De Villiers, wat in 2025 vir die laaste keer as Rektor en Visekanselier sal deelneem wanneer sy termyn verstryk, gesê. De Villiers, 'n veteraan van die 109 km-wedren, het wyse raad vir die debutante gehad wat Suikerbossie vir die eerste keer sal moet aandurf. “Jy gaan baie pret hê terwyl jy iets vir 'n goeie saak doen. Terwyl jy teen Suikerbossie uit trap, begin net sing. Ander sal gou by jou aansluit en dít, tesame met die uitroepe van 'Gaan Maties!', sal jou deurdra." Hy erken hy het nie veel geoefen nie, en sê hy hoop "spiergeheue" sal hom tot by die eindstreep neem.

Brandon Como, Die US se Geleentheids- en Veiligheidsbedryfsbeampte, stem saam dat die toeskouers se toejuiging moe? bene sal help om aan te hou trap. “Om uitroepe van Move4Food gedurende die wedren te hoor, herinner jou daaraan dat jy vir iets groters deelneem." Ferdinand Mettler van die Stellenbosch Bestuurskool ry fiets om geld vir die Toekomsfonds in te samel wat nagraadse studente met beurse ondersteun. Hy erken hy is “een van daardie fietsryers wat 'n hupstoot teen Suikerbossie uit nodig het", en sê die wete dat die harde werk vir 'n waardige saak was, het die pogings die moeite werd gemaak. "Ons wil 'n verskil maak."

Siphiwe Phetla en Tendani Tshauambea is nagraadse studente wat vanjaar vir die eerste keer aan die fietstoer deelneem. Hulle sê hulle deelname is hulle manier om ook vir iemand anders 'n klip uit die pad te rol. Albei het eerstehandse ervaar watter verskil #Move4Food in die lewens van studente in nood kan maak. “Dit is my manier om terug te gee, want ek het ook ondersteuning van die US ontvang," sê Tshauambea. Terwyl hy senuweeagtig is oor die skrikwekkende 109 km wat in minder as twee weke op hom wag, sê Phetla hy sien uit daarna om die wedren “vir 'n groter doel" te voltooi.

Ferdi van Dyk, Alumni-deelnamebestuurder, sê hy is bly om te sien dat die gewildheid van die geldinsamelingsgeleentheid toeneem. “Ons wil 'n kultuur vestig van Maties wat 'n verskil op kampus maak."