万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US vereer eerstejaar-toppresteerders en hul inspirerende dosente
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 09/04/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse toekenningsgeleentheid vir eerstejaarspresteerders wat onlangs by STIAS gehou is, was 'n sprankelende byeenkoms wat deur topstudente, dosente, dekane en visedekane bygewoon is. Die doel van die gesogte geleentheid, aangebied deur prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, was nie net om die eerstejaarstudente van 2023 te beloon nie, maar ook om die kollig te laat val op die deurslaggewende rol wat dosente in hul studente se prestasies speel.

Prof Lis Lange, waarnemende Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking, het die 33 eerstejaarstudente van 2023 uit alle fakulteite, asook die dosente wat hulle ge?nspireer het, verwelkom. Elke student kon 'n dosent uitnooi wat volgens hulle die grootste rol in hul akademiese sukses gespeel het. Die toppresteerders is gevra om hulle waardering in 'n brief uit te spreek wat aan die onderskeie dosent gerig is.

Op hul beurt het elke gekose dosent 'n brief van erkenning en aanmoediging aan die betrokke student geskryf waarin hulle die redes vir die student se sukses uiteensit. Uittreksels uit hierdie briewe is gedurende die geleentheid vertoon en is na afloop op die Sentrum vir Onderrig en Leer se webblad geplaas.

Waarderende woorde

Die studente het hul dosente daarvoor geloof dat hulle leer 'n opwindende ervaring maak wat baie stof tot nadenke bied, kritiese denke aanmoedig en 'n ondersteunende omgewing bevorder wat akademiese angs verlig. “Dit was 'n groot vreugde om jou manier van onderrig te kon ervaar. Dit het werklik gevoel jy wil hê ons moet sukses behaal en dat jy in die sukses van elkeen van jou studente glo," het een student geskryf. “My honger om te leer het al hoe meer geword en my gedryf om gretig en met ware genot te leer," het nog 'n student gesê.

Om deel te wees van 'n opvoedkundige instelling wat die strewe na uitnemendheid aanmoedig, ondersteun en dit erken, is bevorderlik vir uitnemendheid in onderrig, het 'n dosent geskryf. “Die meeste dosente wat eerstejaars moet onderrig, staar die uitdaging in die gesig dat werklike leer eers kan plaasvind sodra die student verantwoordelikheid neem vir die leerproses en aktief daarby betrokke raak."

Nog 'n dosent het studente aangemoedig om medestudente te help om leer te verstaan en sin te maak daarvan. “Wees die een wat ander help om opgang te maak, dan sal jy geluk en vervulling vind in alles wat jy doen."

Raad oor lewenskeuses

Die geleentheidspreker, prof Susan van Schalkwyk, Direkteur: Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, het 'n inspirerende boodskap oor die belangrikheid van lewenskeuses gelewer. Sy het die verskil tussen klein en beduidende keuses verduidelik en beklemtoon dat keuses vorm lewens en loopbane.

“Om keuses te maak stel die maatstaf vir prestasie; dit bepaal tot watter mate ons 'n risiko sal vat, onsself daar buite sal plaas, nuwe uitdagings sal aanpak, en ons uithouvermo? en toewyding op die proef sal stel," het Van Schalkwyk gesê. Sy het die gehoor aangemoedig om die gevolge van hul dade, die waardes wat hul besluite rig en die kritiese besinning te oorweeg wat nodig is in 'n wêreld wat met inligting oorstroom word.

“Ons vier vanaand julle prestasies en is dankbaar vir die verskeidenheid keuses – waarvan sommige waarskynlik baie moeilik was en wat van julle toewyding en ywer vereis het –om vanaand hier te laat staan. Ons is dankbaar dat julle hoog gemik het, dat julle getrou was aan julle ware self. Ons gee erkenning aan elke dosent in hierdie vertrek en bedank julle vir die tye wat julle, hetsy bewustelik of onbewustelik, 'n rol gespeel het in die besluite wat julle studente geneem het," het Van Schalkwyk afgesluit.

Lys van wenners???