万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ELSAB? DANEEL KOMMUNIKASIEWERKSWINKELS
Outeur: Claudia Swart-Jansen van Vuuren
Gepubliseer: 16/04/2024

Elsabé Daneel is ? bekende televisie-aanbieder, televisie- en rolprentaktrise en toneelspeler, en regisseur van talle teaterproduksies. Sy is ? produksieleier, regisseur en aanbieder van korporatiewe video's asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.

As kommunikasie- en mediastrateeg bied sy kommunikasiewerkswinkels getiteld Communication IQ aan. Hierdie prettige en praktiese werkswinkels in kommunik asie- en projeksievaardighede is gerig op korporatiewe kli?nte, televisie- en radio-aanbieders, akteurs, openbare sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, en so meer.

Elsabé gaan in 2024 drie kommunikasiewerkswinkels vir akademiese (doserende) personeel van die Universiteit Stellenbosch aanbied.  

Deelnemers kan na die volgende onderwerpe uitsien:

 

·                 Begrip van kommunikasie-jargon

·                 Ontdek die ABC van die kommunikasieproses

·     Evalueer jou sterk en swakker punte as ? kommunikeerder

·                 Hoe om kommunikasiemodelle vir jou te laat werk

·   Ontdek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses be?nvloed

·                  Die rol van persoonlike styl

·                  Die belang van liggaamstaal

·                  Eksperimenteer met vokalisering

·                  Ontspanningstegnieke wat werk

·                  Hoe om jou mondelinge boodskap te verpak

·                  Die vestiging van goeie verstandhoudings

·                  Die dinamika van kommunikasie

·                  Wenke vir uiters doeltreffende kommunikeerders


Wanneer:

19 Julie

12 September

8 November


Tyd:

13:00 tot 17:00

 

Waar:

Den Bosch, Victoriastraat 39 (oorkant Skuilhoek en agter die Konservatorium)

 

Daar is slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar. 

Skakel met Claudia Swart (claudias2@sun.ac.za) om jou plek te bespreek!