万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Dag in die Lewe: Fiona van Kerwel
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 22/05/2024

As die Bestuurder van Woorde Open Wêrelde, oftewel WOW, speel Fiona van Kerwel al vir 20 jaar ? belangrike rol om veral jongmense se potensiaal te ontgin en hulle deur selfontwikkeling te bemagtig. Die WOW-projek val onder Sosiale Impak en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch (US) en het nou bande met die Woordfees, asook met verskeie plaaslike skole. Aangesien ons aan die begin van Mei Werkersdag gevier het, dra ons hierdie reeks profiele op aan ons personeel en hulle belangrike bydraes tot die Universiteit.

Wat behels jou rol by die US? 

Ek is die bestuurder van Woorde Open Wêrelde of WOW, soos die akroniem dit so mooi stel. Ons missie by WOW is om perspektiewe te verruim, potensiaal te ontdek en tot die uitbou daarvan by te dra, asook om mense deur selfontwikkeling te bemagtig.

Ons skep verskeie geleenthede vir leerders, opvoeders en onderwysleiers om hulle wêreld deur opvoedkundige, dog prettige projekaksies te verbreed. My rol is om toe te sien dat ons hierdie projekaksies na die beste van ons vermo? uitvoer. Ons val onder Sosiale Impak en Transformasie en daarom werk ons ook aan belyning met die doelwitte en uitkomste van Sosiale Impak en Transformasie. Weens ons verbintenis met en betrokkenheid by die Woordfees is ek ook deel van die beplanning en aanbieding van die WOW-fees tydens die Woordfees.

Hoe lyk ? tipiese dag by die werk? 

WOW werk met verskeie vennote en ? tipiese werksdag sluit interaksie met verskeie vennote in. Ons projekaksies is veral op skole gerig, maar ook op geregistreerde Maties van skole waar WOW werksaam is. Ons vennote wissel van finansi?le ondersteuning tot operasionele samewerking om gesamentlike uitkomste te bereik. Ons projek is baie interpersoonlik en interaktief, wat meebring dat ons vele samewerkingsgesprekke voer, deeglike beplanning doen en uiteindelik alles in aksies omskakel. Dit beteken ons doen skoolbesoeke, bied gefokusde projekaksies aan en bied ook ? WOW-fees tydens die jaarlikse Woordfees aan.

? Dag by die werk wissel dus vanaf gesprekke met vennote tot die aanbieding van werksessies vir opvoeders en prettige opvoedkundige aktiwiteite met leerders. Een van ons sterk fokusse is die skep van moontlikhede vir leerders van minderbevoorregte skole om aan US te studeer. Dit verg gefokusde ondersteuning en hulpverlening en voortdurende opvolgwerk. So, baie van my take behels persoonlike kontak. Hierdie kontak is ook uitgebrei na onderwysers wat verlengstukke van WOW-projekaksies is, so ons gesels net so baie soos ons hier by WOW doen.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir hierdie werk voorberei? ? 

Ek is ? gekwalifiseerde opvoeder en dit help my verskriklik baie om die aard van WOW te begryp en dit ook prakties uit te voer. Ek het in Cloetesville by ? minderbevoorregte skool klas gegee, wat my ? begrip en ? diepe besef gegee het van wat nodig is om positief tot die ontwikkeling van leerders se potensiaal by te dra. WOW skep geleenthede en broodnodige bystand vir voornemende studente om hulle drome deur harde werk te bereik. My ervaring by WOW oor die afgelope 20 jaar het baie gehelp om hierdie spesifieke behoeftes en uitdagings, waarmee veral eerstegenerasie-studente worstel, te verstaan en ook op te los met die kapasiteit en fondse wat WOW beskikbaar het. Ons het oor die jare baie goeie netwerke binne en buite die US opgebou en dit help geweldig baie om uitdagings aan te pak.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 

Dit is ? baie bevredigende ervaring wanneer jong leerders geregistreerde US-studente word en uiteindelik ook WOW-alumni. Hierdie jong professionele mense ploeg dikwels terug in hulle gemeenskappe van herkoms en bly ook by WOW betrokke deur verwysings of optredes as rolmodelle, of as WOW-organiseerders in hulle gemeenskappe of skole waar hulle betrokke is. Om dan hierdie ervaring van die volle siklus van WOW-betrokkenheid te beleef, asook die besef dat dit op ? ander manier deur hierdie jongmense voortgesit word, gee ? mens soveel hoop vir ons land.

Ek glo dat die US as ? wêreldklas-instelling nog baie werk het om binne ons Sosiale Impak en Transformasie-omgewing te doen om van ons land, dorp en gemeenskappe ? beter plek vir almal te maak. Ons het oor die afgelope twee dekades hard by WOW aan hierdie doel gewerk en ons het nog baie werk om deur, by en met die US te doen.

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat min mense sou verwag.    

Ek het ? boek gepubliseer: Le? blikkies vol liefde. Ek was die samesteller van dié kortverhaalbundel vir graad 7-9-leerders en dit was ? wonderlike ervaring. Die opvoedkundige gebruik van die boek is my bydrae tot skryfkuns in die klaskamer. Ek het ook met my grys hare en al ? hokkiewedstryd in ? besonder mededingende liga gespeel!

FOTO: Stefan Els