万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Top 100 universiteit in Nederland ken ereprofessorskap toe aan US-dekaan prof Ingrid Woolard
Outeur: Aamirah Sonday
Gepubliseer: 12/06/2024

Professor Ingrid Woolard, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW), het onlangs ?n ereprofessorskap van die Universiteit van Groningen (UG) in Nederland ontvang.

万博体育官网 of Groningen (UG) in the Netherlands

Eerste vir ?n US-akademikus

As ereprofessor sal prof Woolard die bekle?r van die leerstoel in Ekonomie van Armoede en Ongelykheid wees in die Departement Ekonomie, Ekonometrie en Finansies in UG se Fakulteit Ekonomie en Besigheid (FEB). Dit geld vir vyf jaar. Haar rol behels onder meer bydraes tot navorsing oor armoede en ongelykheid, nagraadse supervisie, onderrig (van tyd tot tyd), en die bevordering van navorsing- en opvoedkundige samewerking tussen die fakulteite FEB en EBW.

Hoewel dit ?n ereposisie is, is daar vooraf ’n onderhoud met prof Woolard gevoer. Om ’n ereprofessorskap van een van die wêreld se 100 beste universiteite te ontvang, was nietemin ?n verrassing. “Toe die dekaan van FEB in Groningen my oor die aansoek kontak, was ek sprakeloos. Ek het dit regtig nie verwag nie.”

“US staan aan die begin van ?n nuwe strategiese vennootskap met die Universiteit van Groningen. Om die eerste Stellenbosse akademikus te wees wat ?n ereprofessorskap daar ontvang, is ’n enorme eer en verantwoordelikheid”.

Dit beteken egter veel meer as professionele erkenning vir prof Woolard. “Dit is besonder spesiaal vir my omdat my ouma meer as 100 jaar gelede by Groningen studeer het, so daar is ’n persoonlike konneksie tussen my en hierdie posisie.

Stellenbosch in Groningen - 7 - 11 April 2024

“Die eerste vrouestudent, Aletta Jacobs, het in 1871 by Groningen ingeskryf en daar is wonderlike huldeblyke aan haar oral op die UG-kampus. Teen die eeuwending van die 20ste eeu was vrouestudente steeds baie skaars. My ouma moes ongelooflik hard werk om toegelaat te word om universiteit by te woon; sy moes haarself onder meer Grieks en Latyn leer om die toelatingseksamen te kon skryf, so vir my beteken dit geweldig baie om nou ?n professor daar te wees.”

Een van die vereistes vir die posisie was dat die individu erkenning moet geniet “as ’n internasionale kundige oor armoede en ongelykheid.”

Prof Woolard, die eerste vrou wat as dekaan van die fakulteit EBW aangestel is, se publikasies oor armoede en ongelykheid, sosiale beskerming en fiskale herverdelingsbeleid is omvangryk. Sy dien in UG se FEB-raad; is ’n navorsingsgenoot van die Bonn-gebaseerde Instituut vir die Studie van Arbeid; ?n senior navorsingsgenoot by die Verenigde Nasies se 万博体育官网 World Institute for Development Economics Research in Helsinki; ’n navorsingsgenoot van die Commitment to Equity Institute by Tulane Universiteit in New Orleans, Louisiana; en lid van die direksie van The Partnership for Economic Policy (PEP) in Kenia.

Behalwe navorsing en die skryf van gesamentlike aansoeke vir navorsingsbefondsing, sal daar van prof Woolard vereis word om minstens een lesing per jaar oor armoede en ongelykheid in Afrika suid van die Sahara (ASS) te gee. Sy sê: “Groningen stel baie belang in daardie aspek gegewe die feit dat die meeste armoede vandag in Afrika voorkom. Globale oplossings vir armoede in Afrika vorm die middelpunt van die beleidsagenda en studente moet bewus wees van hierdie debatte.”

Geleenthede vir samewerking

Bo en behalwe die eer wat die posisie vir prof Woolard inhou, bied dit ook wesenlike geleenthede vir samewerking regoor die Universiteit. Heelparty studente in die Fakulteit studeer reeds aan UG. US is een van nege strategiese vennote van UG. Volgens prof Woolard was dié universiteit “nog altyd baie doelgerig oor die instansies met wie hulle vennootskappe sluit.”

“Ons weet dat ons regtig in hierdie verhouding moet belê, aangesien dit ?n wonderlike geleentheid vir ons is om met een van die wêreld se voorste universiteite saam te werk. Ek glo dat hierdie leerstoel een van die wyses is waarop ons kan verseker dat ons saamwerk aan projekte waarvoor navorsingstoekennings gemaak word en dat ons hard aan die navorsingsaspekte van die verhouding werk.”

“Een afdeling waar ons hopelik diepgaande samewerking sal sien, is in die Skool vir Rekeningkunde. Dis baie waardevol vir ons: ons het talle Rekeningkunde-kollegas wat PhD’s beplan en ons het nie tans die nodige supervisie-kapasiteit nie. Groningen wil egter graag saamwerk op hierdie gebied. Dis regtig ’n baie belangrike verhouding vir ons.”

Die Stellenbosch Bestuurskool het ook tans heelparty studente by UG en ’n gesamentlike winterskool in ontwikkelingsfinansies. ’n Meestersgraad in ontwikkelingsekonomie wat gesamentlik deur die twee universiteite aangebied sal word, is onder bespreking.

Stellenbosch in Groningen - Casual chats

Verder as US

Aangesien die fokus van die leerstoel die ekonomie van armoede en ongelykheid is, ook in ASS, sal die potensi?le impak van prof Woolard se nuwe rol veel verder as US strek.

Navorsing oor ongelykheid en armoede, veral in Afrika, is noodsaaklik in die lig van die merkbare toename in die koers van armoede op die vasteland; Afrika se kwesbaarheid vir klimaatsverandering wat ’n direkte uitwerking op armoede en ongelykheid het; en ’n ontluikende Afrika-bevolking. Dit onderstreep die belangrikheid om stappe te doen om die stygende vlakke van armoede en ongelykheid teen te werk.

UG is ook een van die leiers in die inisiatief Cluster of Research Excellence in Inequalities, Poverty and Deprivation (CoRE IPD) wat ten doel het om ’n nuwe benadering tot billike samewerking en kapasiteitsbou te ontwikkel.

Stellenbosch in Groningen - Dean Ingrid Woolard, capped

“Dit dien as ?n uiters goeie afspringplek om navorsingsfondse te bekom. Ek dink as jy oor hierdie werklik invloedryke netwerk beskik wat navorsing van wêreldgehalte oor armoede, ongelykheid en ontneming doen, is daar potensiaal vir diepgaande, grondverskuiwende werk.”

“Ek dink ons het heelwat op meting gefokus, so ons het ’n goeie begrip van die omvang van die probleem, maar ons moet nou aan oplossings begin dink. Watter meganismes kan die gety keer?”

“Dié leerstoel en vennootskap sal ons in staat stel om op hierdie netwerke voort te bou, befondsing te bekom en om hopelik ons navorsing in aksiegedrewe meganismes om te skakel ten einde armoede en ongelykheid regoor die vasteland te verminder.”