万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Onmiddellike stappe om die verspreiding van COVID-19 te stuit
Outeur: Prof Stan du Plessis: ICBC Chair
Gepubliseer: 10/06/2021

11 Junie 2021

Jongste nuus van die IKBV

Beste kollegas en studente

Soos julle teen dié tyd moontlik al gehoor het, het die Wes-Kaap sy derde vlaag van COVID-19-infeksies betree, met 'n toename van meer as 30% in COVID-19-gevalle wat die afgelope week aangeteken is. Hierdie aankondiging is Donderdag deur die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gedoen.

Die Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting (IKBV) van die Universiteit Stellenbosch (US) het ná premier Winde se aankondiging vergader om die styging in koronavirus-infeksie te bespreek. Sedert Maandag was daar 36 positiewe toetsuitslae op ons Stellenbosch-kampus, wat 'n aantal gevalle in die Metanoia-koshuis insluit. In ooreenstemming met ons protokols (klik hier?) is die betrokke individue nou in afsondering of kwarantyn. 

Gegrond op die advies van provinsiale gesondheidsowerhede, het die IKBV die volgende besluite geneem wat die hele Universiteit raak ten einde die pandemie te stuit:

1.      Die US verskuif onmiddellik na ERTLA (alle lesings en tutoriale sessies word aanlyn aangebied) totdat klasse vir die tweede kwartaal op 18 Junie 2021 ten einde loop.

2.      Geskeduleerde A1-assesserings sal onder streng nakoming van COVID-19-protokols voortgaan soos beplan. Jou departement sal die nodige inligting verskaf.

3.      Alle sosiale en ander groepsaktiwiteite, insluitende sport op ons kampusse – hetsy deur die US gere?l of nie – word onmiddellik gestaak.

4.      Lokale op kampus waar studente in groepe bymekaar kom, word onmiddellik gesluit. Dit sluit rekenaargebruikersareas (RGA's) en studiesentrums (insluitende ruimtes in die biblioteek wat vir studie gebruik word) in.

5.      Ons vertrou hierdie maatre?ls sal die situasie genoegsaam in bedwang bring om die voortsetting van die beplande komende A2- en A3-assesserings (van 21 Junie tot 24 Julie) in persoon onder toesig te verseker. Ons COVID-19-eksamenprotokol maak voorsiening vir 'n streng-beheerde omgewing vir die veilige aflê van assesserings.

6.      Die US sal weer selfoondata aan alle studente (studente op ons Saldanha-kampus, kortkursusstudente en postdoktorale genote uitgesluit) verskaf. Databondels sal van MTN, Vodacom, Telkom en Cell C in Suid-Afrika aangekoop word en sal vir 'n maand vanaf die datum waarop dit gelaai word, geldig wees. Om hiervoor in aanmerking te kom, moet studente asb hul selfoonnommer wat ons op rekord het vir hulle, op hul Persoonlike Inligting Opdateer-blad teen 17:00 op 13 Junie 2021 bevestig. Om te bevestig, klik asb op die “Wysig Inligting"-knoppie onder aan die blad en maak dan seker dat die kennisgewing die datum waarop jy dit bevestig het, aandui.

Kollegas en studente, kom ons verdubbel ons pogings om die eerste semester suksesvol te voltooi. Dra asb julle maskers, vermy plekke waar daar 'n samedromming van mense en swak ventilasie is, handhaaf 'n veilige fisieke afstand van ander en was julle hande gereeld. Ek wil julle ook herinner aan die US se COVID-19-gedragskode wat die gedrag van US-studente, hetsy op of weg van die kampus af, reguleer.

Om op hoogte te bly van die jongste inligting, raadpleeg die US se COVID-19-webblad gereeld.

Pas julle asb op en wees veilig,

 

Prof Stan du Plessis

Voorsitter: IKBV