万博体育官网

ͼƬ
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
PredictTB verskaf ? magdom data wat ons begrip van TB-behandeling bevorder
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie
Gepubliseer: 01/08/2022

Met die doel om behandelingstandaarde vir tuberkulose (TB) vorentoe te neem van die huidige praktyk van ? universele benadering na presisiegerigte, ge?ndividualiseerde behandeling, het die PredictTB-navorsingspan onder leiding van prof Gerhard Walzl (Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika) en prof Clifton Barry III (US National Institutes of Health) in 2017 begin om ? stel kriteria te ondersoek wat beter behandelingsvoorspelbaarheid en die identifikasie van geskikte pasi?nte vir verkorte behandeling moontlik maak.

Die huidige standaardbehandeling duur ses maande, maar tot 80% van alle TB-pasi?nte word binne vier maande genees. Wetenskaplikes weet egter nie vooraf watter pasi?nte aan hierdie groep behoort nie. Derhalwe is ? beter begrip van individuele reaksie op TB-behandeling, wat meer verpersoonlikte terapie? en ? potensieel korter behandelingstydperk moontlik maak, ? deurslaggewende stap om middelweerstandigheid en siektelas in ontwikkelende lande te verklein.

Omvattende datagenerering baan weg vir ontdekking van toekomstige insinkingspesifieke TB-biomerkers

Oor die afgelope vyf en ? half jaar het die PredictTB-groep, wat uit kundiges van Afrika, Asi?, Europa en die VSA bestaan, nuwe pasi?ntspesifieke radiografiese en mikrobiologiese biomerkers vir die vroe? be?indiging van behandeling in ? groot bewys-van-konsepstudie in Suid-Afrika en China getoets. Bykans 700 pasi?nte het daaraan deelgeneem. PredictTB het ? magdom kliniese, beeldings- en mikrobiologiese data gegenereer deur ? innoverende kombinasie van positronemissietomografieskanderings (PET-skanderings) en gerekenariseerde tomografieskanderings (CT-skanderings), gepaard met molekul¨ºre diagnostiese sneltoetse, te ondersoek.

¡°Al het die studie getoon dat die kriteria vir vroe? be?indiging nie doeltreffend is om ? veilige verkortingsperiode van ses tot vier maande in standaardbehandeling vir TB te bewerkstellig nie, verskaf die PredictTB-studie ? magdom inligting oor PET/CT-beelding. Dit is een van die grootste studies wat tot nog toe met PET/CT-skanderings op TB-behandeling met so ? lang opvolgtydperk en goed gedefinieerde kliniese uitkomste onderneem is," som Walzl op. Hy vervolg: ¡°Hierdie beeldingsparameters kan ons in die toekoms help om kriteria vir vroe? be?indiging van behandeling te verfyn en te optimaliseer. Voorts sal hierdie data bydra tot ? beter begrip van die faktore wat tot mislukte of genesende behandelingstrategie? gelei het."

Die studie verskaf ook baie goed gekarakteriseerde pasi?ntmonsters. Hierdie monsters sal saam met monsters van ander studies oor agteruitgang die weg baan vir grootskaalse, agteruitgangspesifieke biomerkerontdekkingseksperimente, insluitende geenuitdrukking, proteomika en metabolomikamaatre?ls. Hierdie toekomstige studies sal help om die volgende generasie kandidaatbiomerkers te ontwerp wat gebruik sal word in kliniese proewe wat die vereenvoudiging van die evaluasie van nuwe middels ten doel het en sal ook tot beter toekomstige benaderings tot behandelingsverkorting lei.

Die datastelle en monsters wat PredictTB versamel het, sal op versoek aan die bre?r navorsingsgemeenskap en eksterne navorsers beskikbaar gestel word nadat sekond¨ºre doelwitte van die studie deur die konsortium aangespreek is (sien meer inligting op die PredictTB-webwerf).

Benewens die weteenskaplike werkplan was PredictTB ook by ? verskeidenheid van kapasiteitsbou- en opleidingsaktiwiteite betrokke om die deel van kennis te ondersteun en perspektiewe vir opkomende wetenskaplikes uit Afrika te skep. Hierdie aktiwiteite het byvoorbeeld ? reeks werksessies met meer as 200 afgevaardigdes oor die afgelope vyf jaar behels, asook die opleiding van PhD-studente, die vestiging van ? mentorskapprogram en persoonlike ontwikkelingsplanne.

Die groep het voorts die PredictTB Learning Board van stapel gestuur. Dit is ? pasgemaakte aanlyn platform wat materiaal uit ? verskeidenheid van bronne vir loopbaan- en vaardigheidsontwikkeling bevat en wat deur mentors en gementordes in die PredictTB-mentorskema en ander konsortiumlede wat by kapasiteitsbou betrokke is, gebruik kan word.

Besoek www.predict-tb.com vir nog inligting.

 

??Befondsingserkenning

Die PredictTB-projek het finansiering van meer as meer 20 miljoen ontvang van die European & Developing Countries Clinical Trials Partnership (EDCTP), die Bill & Melinda Gates-stigting deur die Foundation for the National Institutes of Health (NIH), die NIH, Grand Challenges China, die NIH se International Collaborations in Infectious Disease Research (ICIDR)-program in samewerking met die Consortium for TB Biomarkers en die Regional Prospective Observational Research in Tuberculosis in the Republic of South Africa (RePORT South Africa).


Foto-onderskrif: Prof Gerhard Walzl