万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AfCTA nie ? kitsoplossing om SA se landbou-uitvoere in Afrika te verhoog nie
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 20/04/2023

Hou die Afrika-vryehandelsooreenkoms (AfCTA) 'n geleentheid vir Suid-Afrika (SA) in om sy landbou-uitvoere verder op die vasteland uit te brei, of is dit maar net 'n hersenskim?

Dít is die vraag wat Desmond Annandale in sy onlangse navorsingstudie vir sy meestersgraad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US) ondersoek het.

Annandale, 'n navorsingsassistent by die US se Departement Landbou-ekonomie, sê hoewel agrihandel in Afrika na verwagting teen 2050 met soveel as 30% sal groei, is SA se landbou-uitvoere na die vasteland besig om af te neem. Dit is dus belangrik om die lande en produkte te identifiseer wat ons die beste geleenthede bied om ons landbou-uitvoere te verhoog.

Annandale het verskeie sleutelhandelsindekse gebruik om die aard van SA se handel met lande in elk van Afrika se agt streeks-ekonomiese gemeenskappe (SEG'e) te bepaal – die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die Unie van die Arabiese Maghreb, Gemeenskapsmark vir Oos- en Suider-Afrika (COMESA), die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikastate (ECOWAS), die Gemeenskap van Sahel-Saharastate (CEN-SAD), die Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrikaanse State (ECCAS), die Tussenregeringsowerheid oor Ontwikkeling en die Oos-Afrika-gemeenskap.

Annandale sê die indekse meet die vlak van handel tussen lande in elke SEG, en dui ook die aard van die handel in 'n spesifieke produk binne 'n land ten opsigte van in- en uitvoere aan. Verder toon dit die ori?ntasie van SA se uitvoere na die verskillende SEG'e, stel dit ons in staat om die lande te identifiseer waarheen ons die meeste van ons landbouprodukte uitvoer, en help dit om ons markaandeel vir landbouprodukte in lande binne die verskillende SEG'e te bepaal.

Annandale het ook data van onder meer die Internasionale Handelsentrum, die Wêreldbank en die Wêreld Ekonomiese Forum gebruik om 'n saamgestelde landprioriteitsindeks-instrument (CCPI) te ontwikkel om lande identifiseer en hulle volgens hul aantreklikheid as 'n uitvoermark vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte te rangskik. Hy het hierdie ranglys met die waarde van die landbou-uitvoere na elke mark vergelyk. Annandale sê dit het hom in staat gestel om daardie markte te identifiseer waarop ons landbousektor te veel fokus (wat SA aan die risiko van óórafhanklikheid van 'n spesifieke mark blootstel) en dié wat minder geprioritiseer word.

“Die resultate toon dat (i) SA se uitvoere van verwerkte en onverwerkte landbouprodukte na verskillende lande nie op dieselfde manier geprioritiseer word nie; (ii) dat verskillende streke verskillende geleenthede vir handelsuitbreiding inhou; en (iii) dat uitvoervolumes na sekere lande baie groter is as wat die landprioriteitsindeks aandui.

“Ons voer meestal landbouprodukte met 'n laer waarde soos mielies, mieliegort en saadmielies, koring en koringmeel (ondanks die feit dat SA bo en behalwe sy eie produksie ook koring invoer), rietsuiker in soliede vorm en halfgemaalde of ten volle gemaalde rys na Afrikalande uit, terwyl produkte soos wyn, sitrus en ander vrugte meestal op oorsese markte soos in die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk land.

“Uitgesoekte landbouprodukte gaan meestal na SAOG-lande en sekere onverwerkte landbouprodukte hoofsaaklik na die ECOWAS- en CEN-SAD-lande."

Diversifiseer

Annandale sê 'n vergelyking van die CCPI-resultate met SA se ware handelsyfers met ander lande in Afrika toon dat ons te veel blootgestel is in sekere markte vir die uitvoer van verwerkte en/of onverwerkte landbouprodukte. Dit kan wees weens 'n onstabiele politieke omgewing, swak logistiek en/of slegte marktoestande in 'n spesifieke land.

“Gegewe die vinnige uitbreiding van markte in Afrika ten opsigte van bruto binnelandse produk en bevolking, asook die groter handelsintegrasie wat onder die AfCFTA voorsien word (in die vorm van verlaagde tariewe en nie-tariefverperrings), moet ons ons landbou-uitvoere diversifiseer na nuwe ekonomie? wat voorheen afgesluit was.

“In lande waar die handelsrangorde met die resultate van die CCPI ooreengestem het, moet ons ons huidige markaandeel handhaaf en dit oorweeg om die soort landbouprodukte wat ons uitvoer, uit te brei of te diversifiseer."

Annandale sê meer marknavorsing is nodig om te bepaal of dit haalbaar sal wees om ons uitvoere na lande te verhoog waar ons nie genoeg blootstelling geniet nie.

Volgens hom is daar 'n ho? vlak van handelsintroversie (die vlak waarop lande in 'n SEG of streeksgroepering onder mekaar handel dryf) in alle SEG'e vir verwerkte landbouprodukte, wat daarop dui dat SA dit moeilik mag vind om markgeleenthede te ontgin ondanks tariefverlagings, maar die teenoorgestelde geld vir onverwerkte landbouprodukte, behalwe miskien vir Oos-Afrika. Oor die algemeen toon onverwerkte landbouprodukte die meeste potensiaal vir markuitbreiding.

Annandale sê indien tariefverlagings wat onder die AfCFTA in die vooruitsig gestel word sou materialiseer, SA se mededingendheid in Afrika-markte waar daar geen vorige handelsooreenkoms bestaan nie, mag verbeter. Maar dit sal ook belangrik wees om duur en lang vervoertye weens vertragings by grensposte, doeaneprosedures en omslagtige papierwerkvereistes aan te spreek.

Sy gevolgtrekking is dat hoewel die AfCFTA wel geleenthede vir die uitbreiding van SA se uitvoere op die vasteland inhou, dit nie 'n eenvoudige en magiese oplossing – ten minste op die kort tot medium termyn – is om dit aansienlik uit te brei nie.