万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Jonathan Jansen ontvang hoogaangeskrewe internasionale erkenning
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Anél Lewis]
Gepubliseer: 20/04/2023

?Professor Jonathan Jansen, uitgelese professor in Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) en voorsitter van die Wetenskapakademie van Suid-Afrika, is as 'n lid van die prestigeryke Amerikaanse Akademie van Kunste en Wetenskappe verkies.

 Sy verkiesing, wat gister (19 April 2023) plaasgevind het, plaas hom in die geselskap van gesiene vorige en huidige lede, insluitende John Adams, Benjamin Franklin, Martin Luther King, Georgia O'Keeffe, Madeleine Albright en Colin Powell, asook internasionale erelede waaronder Charles Darwin, Albert Einstein, Winston Churchill, Wislawa Szymborska, Laurence Olivier, Mary Leakey, Gabriel Garcia Márquez, Akira Kurosawa en Nelson Mandela.

 Die Akademie, wat in 1780 gestig is, eer uitnemendheid en bring leiers van elke gebied van menslike onderneming byeen om nuwe idees te ondersoek en belangrike kwessies aan te spreek. Die voorsitter van die Akademie se raad, Nancy Richards, en die Akademie-president, David Oxtoby, skryf die volgende in hulle verwelkomingsbrief: “Hierdie eer is 'n bewys van die ho? agting wat leiers op jou vakgebied en lede regoor die land vir jou het."

?Jansen sê die volgende: “Dit is 'n ongelooflike en onverwagte eer en ek is uiters dankbaar. Die feit dat jou eweknie? wêreldwyd en in hierdie prestigeryke akademie van vakkundiges glo jy het iets om te sê en dat jou werk betekenisvol is, is die grootste beloning vir jou intellektuele onderneming."

 Hy voeg by hy voel ge?erd en gese?nd oor die erkenning. “Dit sou nie moontlik gewees het sonder al die ruimte, ondersteuning en hulpbronne wat die US verskaf om my navorsingspanne so produktief en invloedryk te maak in die vakkundige arena én die gemeenskappe wat ons deur ons navorsing dien nie." 

 Huidige Akademielede bestaan uit innoverende denkers op elke gebied en professie, insluitende meer as 250 Nobel- en Pulitzerpryswenners. Die Akademie strewe daarna om “elke kuns en wetenskap wat moontlik die belang, eer, waardigheid en geluk van 'n vrye, onafhanklike en regverdige samelewing bevorder" te ontwikkel.

 Jansen is uitgenooi om op 20 September vanjaar 'n formele inhuldigingsplegtigheid in Cambridge, Massachusetts by te woon.

 Hy is ook gevra om die Akademie se lank bestaande tradisie voor te sit deur met 'n formele aanvaardingsbrief te reageer. Afskrifte van briewe wat so ver terugstrek as 1780 – van dié wat nog met 'n veerpen geskryf is tot kontemporêre reaksies wat moderne rekenaartekens (“emoji's") bevat – is op die Akademie se webwerf te sien en word ook in die Akademiehuis uitgestal.