万博体育官网

图片

O-L-A Beleide en Riglyne

??????
Waar kom beleide vanda???an?

?

'n Beleid is 'n doelbewuste stelsel van beginsels om besluite te rig en rasionele uitkomste te behaal. 'n Beleid is 'n uitdrukking van voorneme, en word as 'n prosedure of protokol ge?mplementeer.  Oor die algemeen word beleide deur die raad van of die senior bestuur-en-beheer-liggaam in 'n instelling of organisasie aanvaar.?


Tipe beleid- en b?estuursdokum??ente
??(Bron: Die Universiteit Stellenbosch se re?ls vir beleid en bestuursdokumente, 2012)


(a) Strategiedokumente (insluitende die US visie en missie, strategiese planne, meesterplanne, en besigheidsplanne) is op die toekoms toegespits en bevat inligting oor die visie met betrekking tot spesifieke aspekte, die doelwitte wat bereik moet word, die beplande aksies om die doelwitte te bereik, die wyses waarop vordering gemeet en gemonitor sal word, en die wyse waarop daar oor die vordering verslag gedoen sal word.

Goedkeuring:

  • Strategiedokumente word binne die konteks van lynbestuur goedgekeur.
  • Strategie wat van toepassing op die institusionele vlak is, sal dus deur die Rektor se Bestuurspan goedgekeur word.
Institusionele V?lak →? Rektor se Bestuurspan?
  • ?'n Strategie wat van toepassing op 'n onderafdeling van die Universiteit is, kan deur die omgewingshoof goedgekeur word binne die konteks van die relevante lynbestuurder.
Onderafdeling? →? Omgewingshoof?
  • Afhangende van die aard, omvang en impak van die betrokke strategiedokument, is dit binne die betrokke omgewingshoof se bevoegdheid of die betrokke strategiedokument ook vir goedkeuring aan die Rektor se Bestuurspan voorgelê moet word. ?


(b) Beleidsdokumente
word primêr op die vlak van beginsels geskryf, het 'n mediumtermyn of langer toepassingstydperk, en bevat inligting oor die doel, omvang, beleidsbeginsels, besluitneming, rolle, definisies en inligting oor ondersteunende en verbandhoudende dokumente met betrekking tot 'n spesifieke aangeleentheid. Beleidsdokumente word gefinaliseer, is preskriptief en nakoming is verpligtend. Die US vereis dat beleidsdokumente deur die Raad goedgekeur word. Hierdie vereiste kan as 'n handige riglyn dien wanneer daar oorweeg moet word of die betrokke dokument as beleid geskryf moet word, en of dit eerder as 'n ander tipe gepaste bestuursdokument geskryf moet word.

Goedkeu?ring:

  • Alle beleidsdokumente moet deur die Raad van die Universiteit na konsultasie met die Institusionele Forum (IF) goedgekeur word.
  • Beleid wat verband hou met akademiese aangeleenthede moet altyd eers aan die Senaat voorgelê word vir aanbeveling, voordat dit aan die Raad vir goedkeuring voorgelê word. 'n Aanbeveling deur die Senaat word voorafgegaan deur aanbevelings deur een of meer fakulteitsrade (soos van toepassing), en/of deur Senaatskomitees (soos van toepassing), en deur die Uitvoerende Komitee van die Senaat. In spesifieke gevalle word 'n aanbeveling van die Rektor se Bestuurspan ook vereis voor 'n beleidsdokument aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voorgelê kan word. Beleidsdokumente wat met akademiese aangeleenthede verband hou volg 'n gelyklopende konsultasieproses via die Senaat en die Institusionele Forum voordat hierdie dokumente aan die Raad vir goedkeuring voorgelê kan word.
Akademiese Aangeleenthede
Senaat / Institusionele Forum →  Raad
?? ↓
Voorafgegaan deur aanbevelings deur:
  • Fakulteitsrade
  • Senaatskomitees
  • Uitvoerende Komitee van die Senaat
  • Rektor se Bestuurspan
?
  • ?Vir b?eleidsdokumente ?wat verband hou met nie-akademiese aangeleenthede moet daar konsultasie met die Rektor se Bestuurspan, die Institusionele Forum en die Uitvoerende Komitee van die Raad wees, en die dokumente moet deur hierdie liggame aanbeveel word voordat hulle aan die Raad vir goedkeuring voorgelê kan word.  ?
Nie-akademiese A?angeleenthede
K?onsultasie met:
  • Fakulteitsrade
  • Senaatskomitees
  • Uitvoerende Komite?e van die Senaat
  • Rektor se Bestuurspan
  • Institusionele Forum
  • Uitvoerende Komitee can die Raad?
Raad??

?

(c) Re?ls, Regulasies, Voorgeskrewe en Proseduredokumente is bestuursdokumente en bevat besonderhede, dikwels met verwysing na een of meer as een beleidsdokument. Re?ls, regulasies en prosedures word gefinaliseer, is preskriptief en nakoming is verpligtend.

Goedkeuring:

  • Re?ls, Regulasies, Voorskrifte en Proseduredokumente word binne die betrokke lynbestuur goedgekeur.
  • Lynbestuurders besluit na eie goeddunke of die omvang en impak van spesifieke riglyne of aksies ook uitklaring en/of goedkeuring op die institusionele vlak deur die Rektor se Bestuurspan vereis.

(d) Riglyne en Handleidings is ook bestuursdokumente en bevat inligting oor die verlangde of voorkeuraksie met betrekking tot die betrokke onderwerp. Riglyne en handleidings is soms voorskriftelik en verpligtend, maar soms ook opsioneel.

Goedkeuring:

  • Riglyne en Handleidings word binne die betrokke lynbestuur goedgekeur.
  • Lynbestuurders besluit na eie goeddunke of die omvang en impak van spesifieke riglyne of aksies ook uitklaring en/of goedkeuring op die institusionele vlak deur die Rektor se Bestuurspan vereis.