万博体育官网

图片
Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

?Elektroniese Terugvoer?

?

Hoe werk die nuwe Elektroniese Studenteterugvoerstelsel

Die Studenteterugvoerstelsel is nou beskikbaar via 'n elektroniese platform. Dit is ontwerp sodat dit toeganklik is vir studente.  Die stelsel is geintegreer met SUNLearn met toegang vir studente en die Studenteterugvoerkantoor.

Die Studenteterugvoerpersoneel is administrateurs van die stelsel en hanteer aktiveringsversoeke vanaf dosente of departemente.  'n E-registrasievorm moet alle versoeke vergesel.

??
Tydsberekening is belangrik: Skeduleer die opname lank genoeg vooruit dat studente voldoende tyd het om te reageer. Ervaring toon dat die responskoers van opnames wat oopmaak eers nadat klasse ge?indig het, aansienlik laer is as dié wat voor die einde van die module uitgevoer word. Die ideaal is dat studente geleentheid kry om hulle behoeftes en bekommernisse uit te spreek voordat die klasse eindig. Dit is belangrik om sulke probleme met die studente te bespreek en vir hulle te wys dat dosente waarde aan hulle terugvoering heg en daarvolgens handel.?
?

Proses vir aktivering van vraelys op Studenteterugvoerstelsel

??

????Stap 1: Departemente en dosente

  1. Voltooi 'n e-registrasievorm e-registrasievorm.  ?
    ?(Vir volledige instruksies, klik hier?)
  2. Stel studente in kennis van die terugvoervraelys wat beskikbaar gaan wees. Studente sal ook 'n formele kennisgewing via die stelsel ontvang.

????Stap 2: Toegang vir studente tot die stelsel en vraelyste

  1. Studente sal 'n e-pos vanuit die stelsel ontvang met 'n skakel na die vraelys.
  2. Kliek op die skakel en teken aan met US gebruikersnaam en wagwoord.
  3. Voltooi die vraelys.


Stap 3: Data administrasie

  1. Sodra 'n vraelys geaktiveer is, sal die betrokke dosent via e-pos in kennis gestel word.
  2. Gereelde kennisgewings sal aan studente gestuur word vir die tydperk wat 'n vraelys beskikbaar is.
  3. Nadat die vraelys gesluit het sal die studenteterugvoerkantoor die data vanuit die stelsel onttrek en 'n verslag genereer. Alle verslae sal vanuit Sharepoint aan die volgende persone uitgestuur word:

  • Dosente ?? Elke dosent sal afsonderlik 'n verslag ontvang.???
  • Departementshoofde? ?? 'n Leêr is op Sharepoint geskep waarin alle terugvoerverslae per departement gestoor word. Slegs die Departementshoof sal toegang tot die betrokke departement se leêr ontvang.??
  • Fakulteitsdekane? ??? 'n Leêr is op Sharepoint geskep vir elke fakulteit waarin alle terugvoerverslae gestoor word. Slegs die Dekaan sal toegang tot alle terugvoerverslae hê.?


?


Meer Inligting