万博体育官网

图片
Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kortkursusse oor onderrig-leer-assessering

??Assesseringskortkursus

Die kursus is ontwerp om in pas te wees met die hersiene Assesseringsbeleid (2022), en assessering te ondersteun wat studenteleer bevorder.  Tydens die kortkursus sal deelnemers deur ? gefasiliteerde proses van denke en beraadslaging, evaluering en formulering van die assesseringstrategie? vir hulle eie modules werk, met die oog daarop om hulle in staat te stel om leergesentreerde assesserings (US Onderrig- en Leerbeleid, 2018) wat ? transformerende studente-ervaring ondersteun (US Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024), te ontwerp. 

 

KI in OLA-kortkursus

Die kortkursus kunsmatige intelligensie (KI) in onderrig-leer-assessering (OLA) bied deelnemers die geleentheid om, gegewe die feit dat kunsmatige intelligensie programme nou vrylik beskikbaar is, hulle onderrig-leer-assesseringsgeleenthede te herverbeel. Knelpunte soos hoe die onderrigrol gedefinieer word, of leergeleenthede herbedink moet word en of assesseringsgeleenthede KI-bestand is, word onder die loep geneem.

 

Kortkursus in Eweknieleerfasilitering (Tutorskap)

Dit is ? institusionele gestandaardiseerde opleidingskortkursus vir alle eweknie-fasiliteerders wat formeel deur fakulteite in die universiteit aangestel is. Hierdie kursus kan gebruik word om enige bestaande opleiding in fakulteite aan te vul, of om eweknie-fasiliteerders vir fakulteite formeel op te lei. Die kortkursus vind ten volle aanlyn plaas. Die kursus is as ? kokurrikulum-aanbieding by die US geregistreer en goedgekeur .  

 

Professionele ontwikkeling van akademici (PRONTAK): 

Hierdie 'n semesterlange professionele ontwikkelingsprogram vir nuutaangestelde akademici word deur die SOL geko?rdineer.

 

SoEL-kortkursus

Die kortkursus in die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (in Engels "Scholarship of Educational Leadership", afgekort na SoEL) fokus op beide leierskap in en akademieskap van onderrig-leer-assessering (OLA). Die idee is om 'n kritieke massa OLA-leiers by die Universiteit Stellenbosch te kweek wat belyn met die professionalisering van die onderrigrol soos beskryf in die voorlopige US Onderrig-Leer Beleid (2023). Die kortkursus put uit twee kennisgebiede: Akademiese leierskap (AL) en die akademieskap van onderrig en leer (AvOL, of in Engels "Scholarship of Teaching and Learning" afgekort as SoTL), met die doel om konseptuele raamwerke uit hierdie twee domeine met mekaar te verbind. Hierdie raamwerke bied aan deelnemers teoretiese lense om hul eie praktyke as opvoedkundige leiers te ondersoek en daarop te reflekteer. Die SoEL-kortkursus neem 'n bre? beskouing van opvoedkundige leierskappraktyk en sluit ander ondersteunende praktyke in, soos refleksie, veranderingsbestuur, innovasie en kontekstuele bewustheid.

 

SoTL-kortkursus

Hierdie kortkursus oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL, of in Engels "Scholarship of Teaching and Learning", afgekort na SoTL) het dit ten doel om akademici by te staan met die konseptualisering en ontwerp van 'n AvOL-navorsingstudie. Deelnemers leer hoe om navorsing in die veld van onderrig-leer-assessering te doen en hulle verken opvoedkundige teorie? en literatuur as 'n navorsingsraamwerk. Die kursus het dit ten doel dat deelnemers hul navorsingsvrae verfyn, 'n gepaste metodologie ontwerp, leer hoe om data in te samel en te interpreteer. Uiteindelik formuleer deelnemers 'n navorsingsvoorstel wat aan die US se etiese beginsels en institisionele praktyke voldoen.

 



??

  meer inligting